GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
558 Episodes
180 – 200

#DieGrootTrek - Danny Smoke Enkelsnit (Stadig)

Danny se eerste vol album het uitgekom in 2019 en hy het die kitaar en pen weer afgestof vir iets nuut. Hy kom kuier vandag om te gesels oor sy musiek loopbaan as solo kunstenaar en wat die nuwe "Danny Smoke" klank inhou met die vrystelling van sy nuwe enkelsnit…
10 May 2024 31 min

#DieGrootTrek - Eloff kom kuier

Doepie en Nina kom bietjie agter die kap van die byl rakende die "Prins van Potch" titel wat Eloff mee rondgeloop het. Ons gesels ook bietjie oor sy nuwe musiek en hoe hy bietjie meer sy ander kant wys op die nuwe liedjies.
9 May 2024 26 min

#DieGrootTrek - Per Gessle van Roxette

'n Bekende naam in elke Suid-Afrikaanse huis is Roxette. Per Gessle gesels met Doepie en Nina oor hulle Toer na SA in 2025 wat pas bekend gemaak is en vertel ook bietjie meer oor hoe die groep ontstaan het en hoe hulle musiek verander het oor die jare.
3 May 2024 13 min

#DieGrootTrek - Thys van Everest Wealth

Elke laaste Dinsdag van die maand gesels ons met Thys van Zyl van Everest Wealth Management alles finansies op GROOTGELD! Met praktiese advies en 'n maklike manier om komplekse geldsake te verduidelik is dit altyd n fees met Thys in die ateljee.
30 Apr 2024 35 min

#DieGrootTrek - Elandre

Wat 'n voorreg om die man homself saam ons in die ateljee te hê. Elandre kom kuier op die Groot Trek vanmiddag met van sy ouer liedjies akoesties en ook n splinternuwe enkelsnit wat hy bekendstel. Jy wil nie die man se talente misloop nie.
26 Apr 2024 32 min

#DieGrootTrek - Graham Coetzer oor sy boek Hunting with the Hawks

Die Valke, Suid-Afrika se elite-misdaadbestrydingsmag, het talle van ons ergste misdadigers agter tralies geplaas. In hierdie boek bied die ondersoekende joernalis Graham Coetzer ons 'n seldsame kykie in die geheimsinnige wêreld van hierdie top polisie-eenheid. Terwyl die listigheid van Suid-Afrika se gevaarlike misdadigers blootgelê word, is Hunting with the Hawks…
23 Apr 2024 36 min

#DieGrootTrek - Dr. Lizelle Grobler (Sien sonder jou oë)

Glo dit of nie, sien sonder om jou oë te gebruik is moontlik. Dr. Lizelle Grobler, wat ook 'n gesertifiseerde profileerder en forensiese psigofisioloog met 'n PhD in Metafisiese wetenskap is, was vir 'n 10-dae opleidingsessie in Duitsland in November'23, waar sy meer geleer het oor hierdie ontsagwekkende, fassinerende verskynsel…
16 Apr 2024 31 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Brandweerman

DIe movies verf 'n hele ander prentjie van die brandweer. Die manne en dames haal nie net katte uit die boom nie, hulle is betrokke by so baie nooddiens aspekte. Jas Kruger van Sentraal Hoofkwartier is al 37 jaar in die bedryf en kom gesels met ons oor sy beroep…
15 Apr 2024 36 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem

Ons nuwe segment met Liezel van Intiem genaamd "Liewe Liezel" is baie populer en ons kry ongelooflik baie luisteraars vrae. Vandag se vraag aan Liezel en die paneel gaan oor 'n paartjie wat bymekaar verby leef en wat daar gedoen kan word om hierdie huwelik om te draai.
11 Apr 2024 33 min

#DieGrootTrek - Departement van Basiese Onderwys (ECE Toolkit)

Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die "ECE Toolkit", 'n geslagsideologie en geslagsidentiteitsopleidingsprogram vir primêre en pre-primêre onderwysers, en by uitbreiding, vir primêre en pre-primêre skoolkinders, in die geheim bekendgestel. Die DBO het sy standpunt gestel dat openbare deelname nie vereis word nie en dit word ook nie oorweeg…
9 Apr 2024 35 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Mos Aanlynskool

Roedolf van der Westhuizen, Hoof Uitvoerende Beampte by Die MOS Inisiatief kom gesels vandag oor aanlyn skool en hoe hulle dit in Afrikaans doen. Al ooit gewonder of dit dalk die regte idee is vir jou kind, Roedolf gee vir ons die antwoorde.
8 Apr 2024 31 min

#DieGrootTrek - Grootgeld met Thys van Everest Wealth

Elke laaste dinsdag van die maand gesels ons met Thys Van Zyl alles GrootGeld. Ons loer bietjie na wat gebeur het in die markte, die afsluiting van die finansiele jaareinde en ook waar om jou geld te belê met die verkiesing wat opkom en met die kragkrisis in SA wat…
26 Mar 2024 25 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Paramedikus

Die mense eerste op die toneel en wat jou lewe kan red is paramedikuste. Zander is van Best Care en hy doen dit nou al vir 16 jaar. Ons vind uit wat presies dit is wat mens moet swot deesdae om deel te raak van hierdie beroep en ook die…
25 Mar 2024 36 min

#DieGrootTrek - Loufi en sy nuwe enkelsnit

Loufi of soos Doepie hom noem, Die Loufster, is vandag weer in die ateljee. Hy kom stel sy eerste enkelsnit as onafhanklike kunstenaar vry genaamd "Plaas Toe". Loufi deel ook bietjie sy testimony met ons oor hoe die Here in sy lewe ingegryp het en hoe dit vandag vir hom…
22 Mar 2024 30 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem antwoord luisteraars vraag

Ons het die jaar 'n nuwe segment saam met Liezel van Intiem afgeskop genaamd "Liewe Liezel". Daar is 'n hele paar verhoudings vrae wat ons al ontvang het en vandag se luisteraar wil weet "Hoe kry ek dit reg om my man weer verlief te maak op my?"
19 Mar 2024 35 min
180 – 200