GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
558 Episodes
220 – 240

#DieGrootTrek - Prof. Julie Coetzee oor goggas wat ons dam skoon maak.

Prof. Julie Coetzee is van die Rhodes Universiteit se sentrum vir Biologiese kontrole en doen al vir jare navorsing oor indringer plant spesies in ons damme en riviere. Sy gee vir ons meer inligting oor die toestand van die Vaal Rivier en Hartebeespoortdam en ook hoe die klein goggas wat…
6 Feb 2024 59 min

#DieGrootTrek - Doepie word geskok (Groot Vrees 3)

So Doepie is nie baie lief vir elektrisiteit nie en met luisteraars wat gevra is om in te skryf vir Groot Vrees 3 het Sonet besluit dis n goeie idee as Doepie probeer een van sy vrese oorkom in die ateljee. Doepie was nie baie beindruk met die plan nie.
5 Feb 2024 25 min

#DieGrootTrek - Peet Bothma roei 3000 myl!

Dit klink amper soos n horror movie, alleen in die see met niemand naby jou nie en jy moet op n klein roeiboot 3000 myl alleen aanpak deur storms en groot golwe om veilig by jou bestemming aan te kom. Wel dis dalk nie bedoel vir ons almal nie maar…
1 Feb 2024 35 min

#JouGrootKuier - Kosie Beukes

Vir ons heel laaste Groot Kuier ooir het ons besluit om die 16 jarige Kosie Beukes te nooi om ons te kom bederf met bietjie boeremusiek en te vertel hoekom hy die tipe musiek wil bekendstel aan jong mense.
31 Jan 2024 25 min

#DieGrootTrek - Grootgeld met Thys van Everest Wealth

Dis ons heel eerste inloer van die jaar saam met Thys van Zyl van Everest Wealth. Ons loer na al die gebeure van 2023 en hoor ook wat sy advies is vir jou finansies in 2024 en wat die jaar moontlik vir ons kan inhou.
30 Jan 2024 24 min

#DieGrootTrek - Buitelandse Luisteraars gaan stem

Daar is soveel Suid-Afrikaners al in die buiteland dat indien hulle almal stem ons plaaslike verkiesing se uitslae 'n groot verandering kan inhou. Ons loer in by n paar van hulle en hoor of hulle gaan stem en of hulle weet wat die proses is om in die buiteland te…
25 Jan 2024 25 min

#JouGrootKuier - Liezel Pieters

Die ongelooflike talentvolle Liezel Pieters kom loer weer in op die Groot Trek. Sy is 'n goeie vriend van die program en sy slaan elke keer asems weg as jy akoesties kom optree in die ateljee. Haar Roxette tribute show gaan aan die jaar en ons hoor wat 2024 vir…
24 Jan 2024 31 min

#DieGrootTrek - Kubersekuriteit

Ons almal ken iemand wat se sosiale media blad dalk "Gehack" was. Mety tegnologie wat daagliks verander is dit nodig om te weet wat die gevaartekens is en hoe om jouself aanlyn veilig te hou. Jaco-Louis Kruger is Leier van Sisteme en Sekuriteit by Akademia en kom verduidelik n paar…
23 Jan 2024 30 min

#DieGrootTrek - Frank Rautenbach

Ons het hom leer ken as Tiaan op 7de Laan, maar Frank Rautenbach het al naam gemaak in groot films plaaslik en internasionaal. Hy gesels vandag met Doepie en Nina oor sy 2 nuwe shows wat op TV is in SA en ook hoe hy n balans in sy lewe…
22 Jan 2024 31 min

#DieGrootTrek - Brendan Peyper oor OP MY EISH

Die Seisoen 3 bachelor van Op My Eish, Brendan Peyper kuier by ons vandag. Ons hoor bietjie meer oor sy soeke na liefde, of hy die proses geniet het en Jo Black loer ook in om vir ons te vertel wat hy moes doen as Brendan se "Wingman".
18 Jan 2024 28 min

#JouGrootKuier - Mari Bosman

Mari Bosman kuier in die ateljee vandag en vertel ons bietjie meer van hoe haar nuwe musiek wat later die jaar vrygestel gaan word die mark gaan oorvat.
17 Jan 2024 22 min

#DieGrootTrek - Liezel van Intiem (Detox jou verhouding)

Nie net het ons nodig om na die lekker vakansie te detox nie maar ons kan ook die nuwe jaar afskop met 'n detox van ons verhouding. Liezel van Intiem kom loer in met 'n paar lekker praktiese wenke hoe om dit te doen en ook waarom dit nodig is.
16 Jan 2024 35 min

#DieGrootTrek - Twenty4Seven Gesels met Doepie & Nina

Die band het vir hulself n groot naam gemaak in Suid Afrika met snitte soos "Slave to the music" en dit was ook die eerste cd wat Doepie gekoop het destyds met sy eerste sakgeld. GrootTrek span Doepie en Nina gesels met Nance, Jacks en Hanks oor hulle Retro Toer…
15 Jan 2024 12 min

#DieGrootTrek - Rob Kruger (Die Brug Seisoen 1 Wenner)

Deelnemers het ingeskryf vir n kompetisie waar hulle R1 000 000 kan wen maar het nie geweet wat hulle gaan doen nie. Al wat hulle wel geweet het is dat dit 'n avontuur sou wees. Hulle het toe vinnig uitgevind dat hulle 'n 250m brug sal moet bou om by…
12 Jan 2024 23 min

#DieGrootTrek - Iana Strydom (Die Uitdaging op VIA)

Iana Strydom is die aanbieder van n splinternuwe realiteits reeks genaamd "Die Uitdaging" op Via. In die program sit hulle 10 bekendes in spanningsvolle situasies om te sien hoe hulle dit hanteer terwyl ons bekendes hulle strykelblokke in die lewe met die gehoor deel en hoe hulle dit hanteer. Leah…
11 Jan 2024 25 min

#JouGrootKuier - Chris Else

Ons eerste program van 2024 en ons skop hom af met 'n lekker kunstenaar! Chris Else is in die ateljee en vertel ons van sy groot planne vir 2024, ook bietjie meer persoonlik oor wat gebeur het met sy dogter en wat musiek vir hom beteken.
10 Jan 2024 28 min

#DieGrootTrek - Martin Bester

Met 'n lekker warm enkelsnit perfek vir n Desember partytjie kom loer Martin in by Doepie en Nina. Ons hoor bietjie wat die jaar vir hom ingehou het, sy vooruitsigte vir 2024 en nog meer.
1 Dec 2023 24 min
220 – 240