GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
558 Episodes
380 – 400

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Wildbewaarder (Madeleen)

Ons goeie vriendin Madeleen van Rietvlei Natuurreservaat het kom kuier vir 'n dag in die lewe van. Baie mense dink dis die perfekte werk, maar tog is daar goed wat agter die skerms gebeur wat nie altyd lekker is nie. Verseker n beroep waarvoor mens n passie moet hê en…
14 Nov 2022 28 min

#JouGrootKuier - Ampie

Die man lyk soos ons eie plaaslike Keanu Reeves deesdae en dis ook sy eersteling se naam. Met nuwe musiek wat nou uitkom en shows wat vol gebook is kuier Ampie bietjie op die GrootTrek om te gesels oor waarmee hy besig was die laaste paar maande en waarna ons…
11 Nov 2022 33 min

#DieGrootTrek - Nina maak Airfryer Mosbolletjies

Hou jy van bak en brou in die kombuis maar jy is gewoond dat alles lank vat en in die oond moet kom? Verby is die dae van sukkel en ons gesels met Louisa Holst oor haar nuwe kookboek "The South African Airfryer cookbook" en kyk hoe maklik dit is…
8 Nov 2022 31 min

#JouGrootKuier - Leon Gropp

Jy ken die man as deel van die groep CH2 en dat hy n kitaar behoorlik kan tokkel. Vandag kuier hy saam Doepie & Nina en gesels bietjie meer oor sy liefde vir musiek en sy splinternuwe enkelsnit!
4 Nov 2022 29 min

#DieGrootTrek - Digital Dilemma (Skermtyd en verslawing)

Dr. Anke Brand & Eldred de Beer, medeskrywers van die boek The Digital Dilemma. Restoring wholeness in Spirit, Soul and Body, kuier by ons in die ateljee om oor dié boek en hul werk met digitale verslaafdes te gesels.
1 Nov 2022 41 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem (Wanneer Omgee ongesond word)

Soms verander mens in n verhouding of huwelik omdat hulle die beste vir hulle ander helfde wil gee. Maar wanneer begin die omgee ongesond word. Liezel van Intiem wys vir ons uit waarna om op te let en gee ook praktiese voorbeelde van wat om te doen as jy jouself…
25 Oct 2022 30 min

#DieGrootTrek - Beroep Sportsman Willie Britz

Al ooit gewonder hoe dit moet wees om sport te doen as jou voltydse werk? Ons gesels met Willie Britz wat presies dit doen. Hy vertel meer oor die harde werk wat hy moes insit en ook die geleenthede wat die Here oor sy pad gestuur het.
24 Oct 2022 27 min

#JouGrootKuier - Reën

Reen stel hulle nuutste enkelsnit #klippe, vry op die #groottrek se #jougrootkuier Gaan laai dit nou af op alle digitale platforms.
14 Oct 2022 29 min

#DieGrootTrek - Sindi Ludik (chiropraktisyn)

Die Naweek is World Spine Day en Sindi Ludik van Ortholifestyle het vir Doep en Nina kom bederf met splinternuwe stoele vir die ateljee. Sy vertel ons ook meer van hoe om jou rug op te pas en gee praktiese wenke vir jou kinders se rug gesondheid.
13 Oct 2022 30 min

#DieGrootTrek - Johan Marais (SA Snakebite Institute)

Met die hitte wat behoorlik sy kop uitsteek in Pretoria is dit nie al wat jy kan verwag gaan kop uitsteek nie. Johan kom gesels met Doepie en Nina oor die slang spesies wat algemeen voorkom in Pretoria. Ons kyk ook na hoe waar die mites is oor slangbyte en…
11 Oct 2022 31 min

#DieGrootTrek - Dian Louw Plaasjapie wenner loer in of DGT.

'n Kunstenaar wat plaas toe gestuur word en die realiteits reeks Plaasjapie aanpak asof hy Survivor speel. Dian Louw is die wenner van Seisoen 1 van Plaasjapie en het weggestap met R1 000 000. Doep en Niens vind uit wat die hoogte en laagtepunte was en of hy dit weer…
10 Oct 2022 13 min

#JouGrootKuier - Zaan Sonnekus

Presies 'n jaar gelede het Zaan by Doepie en Nina kom inloer vir sy eerste Jou Groot Kuier. Hulle vind uit presies wat alles gebeur het in die laaste jaar en ook meer oor die nuwe musiek wat hy nou binnekort gaan vrystel. Hy bederf ons ook met n hele…
7 Oct 2022 35 min

#DieGrootTrek - Francoise Malby Anthony (Thula Thula Olifante)

Francoise se ongelooflike boek oor die olifante by die Thula Thula reservaat gee mens net hernude liefde vir hierdie grootpote. Na sy haar man afgestaan het aan die dood het sy besluit om self die reservaat te beman en het sy vinnig agter gekom dat die olifante net soveel deel…
6 Oct 2022 20 min

#DieGrootTrek - Reandi Grey & Altus Theart oor #DiepeWaters

Doep en Niens het lekker gekuier saam Reandi Grey en Altus Theart oor hulle splinternuwe Telenovelle genaamd Diepe Waters wat begin op Kyknet. Albei groot name op Suid Afrikaanse TV vertel ook meer oor die karakters wat hulle onlangs gespeel het en hoe hulle loopbane groei.
4 Oct 2022 30 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Tanya(Reisagent)

Al ooit gewonder hoe jy die beste pryse gaan kry op verbly en vlugte? Tanya van Jennys Travel het kom inloer vir n Dag in die Lewe van 'n reisagent. Sy verduidelik presies hoe die prosesse werk en ook hoekom dit dalk voordelig is om n reisagent te gebruik om…
3 Oct 2022 30 min

#JouGrootKuier - Stefan Jansen

Sopas terug van die buiteland met 'n hele klomp amazing stories kuier Stefan Jansen by ons in die ateljee vandag. Die man het 'n hele paar pragtige akoestiese verwerkings van sy liedjies gebring en het seker gemaak dat luisteraars reg oor die land by sy volgende show wil uitkom.
16 Sep 2022 33 min
380 – 400