GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
558 Episodes
60 – 80

#DieGrootTrek - Probleem, geen Probleem (Troue)

Ons eerste Probleem, Geen Probleem luisteraar het laat weetdat sy binnekort trou maar alles is baie duur. Ons het gaan aanklop by Courtney Cousins van Weddings by Courtney Cousins om te hoor watse wenke sy het om jou troudag pragtig maar bekostigbaar te maak!
9 May 7 min

#DieGrootTrek - Leah

Die Pragtige Leah het weer kom inloer en die keer is dit vir haar nuwe enkelsnit. Doepie en Nina kyk ook of sy goed kan jok met 'n vinnige spelletjie en sy voer vir ons 2 liedjies akoesties op!
8 May 29 min

#DieGrootTrek - Eloff

Eloff in die ateljee met n nuwe enkelsnit maar ons speel eers 2 rondtes van "Is dit rof of Eloff" om te sien wat sy musieksmaak is.
6 May 28 min

#DieGrootTrek - Riana Nel Kies Enkelsnit

Riana Nel kuier by Doepie en Nina op die GrootTrek om te gesels oor haar nuwe enkelsnit, Kies. Sy deel ook haar getuienis van haar en haar man se ontmoeting en moedig jong meisies aan om te wag vir die regte een, wat God vir hulle gekies het…
2 May 30 min

#DieGrootTrek - GrootGeld met Jan van PSG Silver Lakes

Jan Van Wyk van PSG Silver Lakes het weer kom inloer om te gesels oor alles GrootGeld! Ons bespreek 'n baie bedrywige April maand en wat dit beteken vir jou beleggings en hoe PSG vir jou 'n antwoord kan bied op alles!
29 Apr 36 min

#DieGrootTrek - Elma Makenzie

Elma Makenzie deel op Goeie Vrydag haar getuienis met Nina. Dis 'n getuienis van God se getrouheid in 'n tyd toe Elma stoksielalleen was en nie 'n uitweg gesien het nie... Ook 'n storie van 'n vrou wat haar ALLES vir Jesus gee…
18 Apr 28 min

#DieGrootTrek - Bobby Van Jaarsveld

Bobby het bietjie kom kkuier uit Ballito om met ons te gesels oorr nuwe musiek wat uitkom en ook die nuwe musiekblyspel wat hy opvoer in Pretoria. Ons gesels ook bietjie oor sy TV rolle en wat voorle met sy musiek.
11 Apr 22 min

#DieGrootTrek - Tamlyn Wessels

Die inspirerende Tamlyn het kom inloer met n splinternuwe enkelsnit en vir die eerste keer op die GrootTrek vanmiddag. Sy doen ook vir ons van haar gunsteling liedjies akoesties in die ateljee.
10 Apr 22 min

#DieGrootTrek - Outopsietafel deur Ryan Blumenthal

Ryan Blumenthal is 'n forensiese patoloog en een van net 80 in die land wat verantwoordelik is vir nadoodse ondersoeke. Sy nuwe boek "Outopsietafel" deel hy sy persoonlike staaltjies en ook gee ook insig in wat Suid-Afrika anders maak in die veld as enige ander plek in die wêreld.
8 Apr 35 min

#DieGrootTrek - Grant Lottering "IM-Possible"

Fietsryer, Grant Lottering, deel sy getuienis met Doepie en Nina. Na 'n fietsongeluk in 2013 het hy by die dood omgedraai en saam met die Here het hy die onmoontlike reggekry…
1 Apr 26 min

#DieGrootTrek - GrootGeld met PSG Silver Lakes

Ons splinternuwe GrootGeld insetsel word aan jou gebring met die komplimente van PSG Silver Lakes. Jan Van Wyk gaan elke laaste dinsdag van die maand by ons inloer om te gesels oor finansies, finansiele nuus en ander verwikkelinge wat jou geldsake beinvloed.
25 Mar 33 min

#DieGrootTrek - Ivan Roux

Ivan het weer kom inloer vir n lekker gesels en ook om te vertel van sy nuwe musiek en wat hy beplan vir die res van die jaar! Ons vind ook uit oor sy nuwe Enkelsnit "Pitte" en wat die storie agter dit is!
20 Mar 23 min

#DieGrootTrek - Pedro Barbosa

Die talentvolle Pedro Barbosa kom loer weer in by Doepie en Nina. Hy bederf nina met n paar uitheemse nommertjies en vertel ons ook hoekom hy die groot besluit moes maak om op te hou musiek uitsit na sy finale album!
18 Mar 30 min
60 – 80