Voel jy soms 'Godverlate'? Wat staan jou te doen indien jy dalk so voel vandag? Psalm 44 nooi ons om vanuit Sy perspektief na ons emosies te kyk. Hy bly getrou...Sy Woord en getroue beloftes staan altyd vas.
Voel jy dalk of jy tans deur 'n donker tyd gaan? God se Woord het die antwoord. Mag hierdie Psalm jou pad verlig, jou denke verhelder, en jou hart bemoedig en versterk. Jy is kosbaar in ons Hemelse Vader se oë!
Dors jy na God? Wat beteken dit om te smag na Hom, en wat moet ons doen van ons kant af? Mag Psalm 42 vir jou strome Lewende Water uit jou binneste laat ontspring!
Dra jy wonde en letsels in jou lewe? Weet jy dat God dit tot Sy eer kan en wil gebruik? Vanuit die dieptes van siekte, pyn, en verdriet, roep Dawid uit na die Here, en red Vader hom tot in die 'allerverste' toekoms! Mag die Woord vir jou tot seën…
Het jy dalk jou loflied, en lag, verloor? Die donker dieptes van die put waarin jy mag wees voel vir jou miskien menslik onmoontlik om uit te klim, en dalk is dit ook so? Ontdek weer die krag van lofprysing, en lag, in die Here, en Sy mag om te…
Is daar 'n verband tussen die tel van ons lewens, en die tel van ons woorde? Of is dit andersom? Word ons lewens nie baie keer gestuur deur die woorde wat ons spreek nie? Dink aan Spreuke 18:21 (dood en lewe lê in die mag van die tong). In dié…
Verloor jy soms perspektief? Dalk het jou perspektief belyning nodig met God se uitkyk? Dit gebeur soms met almal van ons. In Psalm 38 kla Dawid by die Here vanuit 'n plek van wanpersepsie. Die Psalm, wat ooglopend negatief lyk, bevat Goddelike Heerlikheid! Mag die Woord jou verkwik, versterk en…
Wat maak ons wanneer ons struikel en val? Dank God dat Hy altyd daar is vir ons as liefdevolle Vader - Sy reddende regterhand is nooit te kort nie! Mag jy veilig rus in Sy Vaderhart van liefde, en sorg
Wat beteken dit om jouself te verlustig in die Here? En, hoekom verlustig jy jouself in Hom? 'n Lus vir die Here en lus vir die lewe loop gewoonlik hand aan hand! Luister saam na die eerste helfte van Psalm 37, en mag jy 'n vars, en nuwe lus vir…
Ten spyte van die onbetroubaarheid van wisselvallige mens, bly God getrou en sentraal! Leer Hom dieper ken...hou vas aan Hom, want Hy hou vas aan jou. Drink diep uit Sy Fontein van Lewe en Genot, en vind jou oorwinning in Sy liefde, lewe en Lig.
Hoe eerlik mag, of moet, ek en jy voor die Here wees? Kan God ons opregte, rou, eerlikheid hanteer? Natuurlik kan Hy. In Psalm 35 sien ons die eerlike, rou, en opregte aanbidding van 'n man wat God werklik liefhet. Mag die Psalm jou aanmoedig tot 'n dieper, meer openhartige,…
Ervaar jy God se goedheid? Dit is dikwels 'n wilsbesluit wat ons moet neem, om te kies om Sy goedheid te bedink, ondersoek en te smaak,ten spyte van die bitter en suur disse wat die lewe soms uitdeel. Mag die Woord vir jou tot seën wees, want God is goed,…
Daar blyk 'n verband te wees tussen die Grootheid van God, Sy Sorg, en ons wag...maar wat kan dit wees? Beinvloed ons wag op die Here enigsins Sy sorg, of Sy grootheid? Stellig nie, maar tog is daar 'n konneksie van een of ander aard. Luister saam na hierdie kort…
Psalm 32 praat van 'Bely en Lewe', dit is, buig voor Vader God se liefde, bely dit wat nie inlyn is met Sy hart en plan vir jou volgens Sy Woord nie, en Lewe! Ervaar Sy Lewe, Sy Heerlikheid, Sy Leiding, en Sy Lewe in oorvloed! Mag die Woord vir…
Het jy God se beskerming nodig? Ons almal het...elke dag...dalk is jy tans besig om deur 'n uitdaging te gaan soos nog nooit voorheen nie. Skuil by die Here, bou op Hom as jou Ewige Rots, Hy sal jou nooit in die steek laat nie
Hoe verander die Here ons rouklere, na feesklere? Is lofsang en aanbidding dalk deel van die proses? Luister saam na Charles en Müller terwyl hul hieroor gesels. Mag die Woord vir jou tot seën wees!
Hoe praat die Here met ons? Uiteraard deur Sy Woord, ja; maar is daar ander maniere ook? Luister saam onderwyl Charles van Onselen en Muller Crauwkamp gesels oor enkele aspekte daarvan vanuit die Heerlikheid van Psalm 29. Skakel ook gerus in elke Donderdag 11:05vm-12:00nm op 657AM, of www.radiokansel.co.za vir die…
Dawid het Psalm 27 triomfantelik afgesluit met 'Wees sterk, en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here', nou vra hy in Psalm 28 'hoor die stem van my smekinge'. Dalk was jy ook al daar? Vol geloof en vertroue op die Here die een oomblik, en dan…
Voel jy soms of jy in donkerte gehul is? Die Goeie Nuus is dat Jesus Christus jou Redder en jou Lig is, ten spyte van dit waardeur jy mag loop. Mag hierdie Psalm vir jou tot groot seën wees!
Het jy al, soos Dawid, vir die Here gebid dat reg moet geskied, omrede jy onskuldig is? Luister saam na die oopbreek van die Psalm saam met Charles & Muller. Mag dit jou seën!
21 Dec 2023
47 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.