Heerlikheid

Ontdek weer die heerlikheid van die evangelie. Die fokus is om ‘n meer diepgaande passie vir die Woord van God onder gelowiges te laat opvlam.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
129 Episodes
1 – 20

Ps 61

Muller Crauwcamp gesels vanoggend met Leon Gerber oor Ps 61
19 Sep 2024 48 min

Voel jy of jy in 'n gat is? Wat nou?

Voel jy soms dat daar net te veel mense, en hul dinge, teen jou is? God is vir jou...nie een traan gaan ongesiens by Hom verby nie, en jy is gekoester in Sy kosbare liefde. Mag jy Sy lewenslig bly sien, deur Sy kosbare Woord!
15 Aug 2024 50 min

Hoe laat mens prakties jou sorge aan die Here oor?

Het jy sorge, en wat doen jy daarmee? Veral as jy jouself in 'n woestyntyd beleef...? Wie van ons word nie getoets daardeur nie? Laat dit oor aan jou Vader. Werp jou bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir jou! (1 Petrus 5:7)
8 Aug 2024 45 min

Laat jou sorge aan die Here oor - Psalm 55

Stres jy? Die Vader se antwoord hierop...RUS in My...werp jou bekommernisse op My...want Ek sorg vir jou - mag die Psalm jou vreugde, en vrede, herstel op 'n tasbare wyse
23 Jul 2024 45 min

Wat gemaak as jy beledig, bedrieg, en verniel voel?

Wat gemaak as jy beledig, bedrieg, en verniel voel, in die lewe? God se goedertierenheid bly altyd vasstaan in ons lewens, ten spyte van wat ander mag doen. Mag dié perspektief op Psalm 52 vir jou tot seën wees
18 Jul 2024 48 min

Vreugdevolle Herstel - Psalm 51 (b)

Na verontskuldiging, kom blydskap, genesing, en versterking. Luister saam na die tweede aflewering van Psalm 51, oor hoe God blydskap, en herstel, in Koning Dawid se lewe gebring het, en dieselfde vir jou gedoen het.
11 Jul 2024 42 min

Verstaan die grootheid van God se verontskuldiging

Het jy al so die merk gemis, of in eenvoudige Afrikaans gestel, so drooggemaak, dat dit nie voel of jou skuld weggeneem kan word nie? In dié eerste aflewering van Psalm 51, sien ons baie mooi hoe God 'n koning - wie gesteel, en gemoor het - verontskuldig! Mag die…
4 Jul 2024 51 min

Vader se liefdevolle korreksie - Psalm 50 (Deel 2)

Psalm 50 gaan voort met 'n blik op Vader se hart. Luister saam na dié gesprek oor hoe ons Sy liefde en korreksie kan verstaan, ten spyte van die foute wat ons maak, en altyd kan staatmaak op Sy redding en liefde!
27 Jun 2024 50 min

'n Lewendige Getuienis - Psalm 49 - Elsie Potgieter

Die Heerlikheid van Christus, en Sy Lewe in ons, in oorvloed, is een van Jesus se beloftes wat vas bly staan, vir ewig. In die midde van die uitdagings van die lewe, en dood, is Hy die enigste Een wat ons werklik kan red! Luister saam na Elsie Potgieter se…
13 Jun 2024 49 min

God is bo almal, en alles, verhewe!

Daar is groot krag daarin om God se Naam en Grootheid te besing, veral wanneer jy voel jy gaan deur 'n laagtepunt. Psalm 47 is een van daardie bemoedigende Psalms. Prys die Here vir Sy Grootheid, vêr verhewe bo enige tydelike laagtepunte wat ons mag beleef.
30 May 2024 52 min

In stil wees en vertroue...regtig? Psalm 46

Wanneer dit voel of al die wiele wil afkom, en jou aarde in mekaar tuimel, hoe maklik is dit om regtig eenvoudig net stil te wees en te vertrou op die Here? En hoe 'doen' ons stil wees en vertroue op Hom...wat beteken dit? Psalm 46 bevat pragtige en kragtige…
23 May 2024 48 min

'n Bruilofslied - Psalm 45

In hierdie Mesiaanse Psalm sing die Bruid oor haar Bruidegom, op 'n besondere manier. Mag jy ook wonder en vreugde daaruit put om te weet dat God ook oor jou sing, in Sy liefde
16 May 2024 49 min
1 – 20