“Goeie opbrengs met goeie pryse” – NWK

Loading player...
Dit is ’n unieke jaar in terme van oesinsameling; graan is ongeveer ’n maand tot ’n maand-en-’n-half vroeër oesgereed en die tempo waarteen graan ontvang is, was ook baie vinniger as vorige jare.

Dis aldus Nico Pieterse, Senior Bestuurder Graan by NWK, wat verder meld dat ongeveer 90% van die sonneblomoes reeds gelewer is met bykans alle sojaboon wat ook gestroop is. Vyf-sewentig persent mielies is reeds by die silo’s gelewer.

OFM Inhoudsredakteur, Elzette Boucher-Krüger het met Pieterse gesels oor die verloop van die leweringseisoen.

Luister na die potgooi onder.

NWK tree hoofsaaklik op as graanhandelaar in Noordwes. Graanverhandeling spesialiseer in die verhandeling van wit- en geelmielies, sonneblom, koring, sojabone, sorghum en droëbone. Graan word van graanprodusente aangekoop deur middel van ’n verskeidenheid doelmatige kontrakte en/of skemas. Die aangekoopte graan word as verhandelbare voorraad gedra totdat dit aan ander handelaars of verwerkers verkoop word.

‘n Verskeidenheid verkoopkontrakte word aan graankopers beskikbaar gestel op ‘n ex-silo of Milldoor-basis. NWK Logistics speel 'n belangrike rol in die vervoer van graan vanaf die plase na silo's en verwerkers.

Die graan word deur NWK Silodienste ontvang, hanteer, geberg en versend. Ten einde die risiko van prysverandering te bestuur, word voorraad en kontrakte deur middel van termynkontrakte op die JSE verskans. Vir dié doel is NWK 'n lid van die JSE se landboukommoditeite-beurs.



Die graanindustrie en -mark is ’n dinamiese omgewing en Graanverhandeling bied omvattende toegang tot die mark en markinligting aan produsente ten einde hul volhoubaarheid te verseker. Kommunikasie word deur ‘n verskeidenheid platforms bestuur wat onder andere persoonlike kontak, sagtewaretoepassings en multimedia insluit.

NWK besit 36 graansilo’s in Noordwes wat dit vir produsente gerieflik maak om die aflewering, opberging en bemarking van hul graan by een plek te doen. NWK fasiliteer ’n verskeidenheid graankontrak
8 Jul 2021 9AM English South Africa Business · Daily News

Other recent episodes

Is your business neuroinclusive?

Dr Sarah Babb, Adjunct Faculty and Professional Associate at the University of Pretoria’s Gordon Institute of Business Science (GIBS) shares how harnessing neurodiverse strengths can drive innovation, resilience, and impact in your business. Roughly 15% to 20% of the global population is neurodivergent, that is 1 in 5 people one…
3 Sep 12AM 10 min

Neasa daag indiensnemingskwotas in Konstitusionele Hof uit – vra sakelui moet betrokke raak

Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika (Neasa) maan Suid-Afrikaanse sakelui om versigtig op te tree en kundige advies in te win oor omstrede gelyke-indiensnemingskwotas. Alle maatskappye met 50 of meer werknemers moet sedert Maandag 1 September hul 2025-verslae oor Gelyke Indiensneming (EE) indien, soos vereis deur die regulasies en sektorteikens. Verlede…
2 Sep 11PM 11 min

Welkom Business Forum long flagged controversial cargo airport project

The Welkom Business Forum says there were several warning signs that the Welkom Cargo Airport project was not what it appeared to be. Chairperson of the Welkom Business Chamber, Jakes Jooste, told the OFM Business Hour that they attended meetings with the team from Sébastien Investment et Logistique – a…
21 Aug 5AM 13 min