#SAUnrest – waterskeiding vir Suid-Afrika?

Loading player...
Juliemaand was ’n redelike beproewende maand vir Suid-Afrika. Nie net in terme van die derde vlaag van die Covid-19 uitbreking, en die gepaardgaande inperkings nie, maar ook in terme van die burgerlike verset en oproer wat ons veral in KwaZulu-Natal en Gauteng gesien het en dan natuurlik die ekonomiese gevolge hiervan.

OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, het met Dawie Roodt, ’n direkteur en hoof-ekonoom van die Efficient Groep – Finansiële en beleggingskenners, gesels vir ’n bietjie dieper insig.

Roodt brei uit oor die omvang van die skade, hoe die gebeure markte beïnvloed al dan nie, die toekoms vir buitelandse beleggings, die pad vorentoe vir kleinsake wat geraak is, hoe lank ekonomiese herstel na verwagting sal duur, en wat gedoen kan word om die onderliggende kwessies wat tot gebeure gelei het, aan te spreek.

Luister na die potgooi onder.
22 Jul 2021 9AM English South Africa Business · Daily News

Other recent episodes

Is your business neuroinclusive?

Dr Sarah Babb, Adjunct Faculty and Professional Associate at the University of Pretoria’s Gordon Institute of Business Science (GIBS) shares how harnessing neurodiverse strengths can drive innovation, resilience, and impact in your business. Roughly 15% to 20% of the global population is neurodivergent, that is 1 in 5 people one…
3 Sep 12AM 10 min

Neasa daag indiensnemingskwotas in Konstitusionele Hof uit – vra sakelui moet betrokke raak

Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika (Neasa) maan Suid-Afrikaanse sakelui om versigtig op te tree en kundige advies in te win oor omstrede gelyke-indiensnemingskwotas. Alle maatskappye met 50 of meer werknemers moet sedert Maandag 1 September hul 2025-verslae oor Gelyke Indiensneming (EE) indien, soos vereis deur die regulasies en sektorteikens. Verlede…
2 Sep 11PM 11 min

Welkom Business Forum long flagged controversial cargo airport project

The Welkom Business Forum says there were several warning signs that the Welkom Cargo Airport project was not what it appeared to be. Chairperson of the Welkom Business Chamber, Jakes Jooste, told the OFM Business Hour that they attended meetings with the team from Sébastien Investment et Logistique – a…
21 Aug 5AM 13 min