Lunch Punch: Ruhan du Toit in Atterbury Kollig

Loading player...
Ruhan du Toit, wat veral bekend is vir sy aangrypende vertolking van die gewilde Simon & Garfunkel-treffer, “The Sound of Silence” en sy onlangse Afrikaanse treffer “As jy dink jy weet”, het beslis geen bekendstelling in musiekkringe nodig nie. Sy unieke vieroktaafstem, vermoë om in ses tale te sing en natuurlike talent agter die kitaar en verskeie ander musikale instrumente, het reeds vir hom baie deure oopgemaak en vir hom ’n permanente plek in die harte van sy aanhangers verseker. Met hierdie vertoning bring Ruhan du Toit sy orkes saam. Hulle belowe om jou te vermaak met musiek wat jou hoendervleis sal gee en jou ore sal bekoor.
22 Jul 2022 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Magda Louw en haar Erhard

Magda en Erhard het ’n goeie show beplan, julle, regtig, goeie waarde vir geld, hulle sal dalk selfs genomineer kan word vir ’n prys of so… Maar die ou man vergeet heeltyd waar hy moet inkom en arme Magda moet net vure doodslaan. Selfs die dans is maar louwarm. (Klem…
10 Sep 10 min