#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

--:--
Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie?
Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en dogter.
Morelife het op die jong ouderdom van 22 ‘n groot besluit gemaak, ten koste van homself, en ter wille van sy vrou en kind, en homself besig gehou met los werkies, en elke sent wat hy verdien het, huis toe gestuur. Een aand, toe hy die geleentheid gehad het om nog geld te verdien, deur geld op die spel te sit tydens ‘n snooker-meedinging, het sy lewe drasties verander. Voordat ons ‘n oordeel vel oor die woord, taverne of ‘shebeen’, kom ons dink aan hoeveel keer ek en jy ‘n bedrag op ‘n ‘ooreenkoms’ gesit het. Morelife het die spel gewen, en voor hy sy wenprys kon neem, is hy met ‘n baksteen oor die kop geslaan, en met ‘n mes gesteek. GROOTfm 90.5 het binne-in die hartjie van die informele nedersetting, Plastic View, gaan kuier.

Ons glo in ‘n Magtige God, wat wonderwerke kan verrig. Ons besef opnuut dat geweld, en swaarkry, en armoede nie ‘n ‘race’ ding is nie, maar ‘n ‘human race’ ding. Mag ons, wat EEN Vader het, EEN Hemelse en Waardige Koning, al Sy kinders eerbiedig, liefhê en dien – soos wat Hy doen. Mag ons opnuut bewus wees van die Grootheid van Sy liefde en genade, en besef dat ons verantwoordelikheid om ‘n verskil te maak, nie grense het nie.
Morelife het ‘n nuwe vertrekpunt. Ons is dankbaar vir Operation Healing Hands se Dr Helene Basson, wat Morelife wil sien vir ‘n konsultasie. Vir SPAR wat ons die geleentheid gegee het om vir Ezekiël te kon Seën met ‘n geskenkbewys om vir Morelife te sorg met kos. Mag sy vooruitsig weer dit word. ‘n Vooruitsig van ‘n beter lewe vir hom, sy vrou en hulle pragtige kind. Ons vertrou en hoop en glo saam met jou, Morelife! En ons hou die goeie nuus dop! As iemand Morelife en sy familie kan ondersteun met kos, asb stuur ‘n epos na info@grootfm.co.za.
1 Nov 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘The happiest place on earth’

TLC, ‘The Love of Christ’, is ‘n kinderhuis wat 30-jaar terug deur ‘n familie gestig is, en het al vir 900 kinders families gevind. Hulle uitgangspunt is ‘we love, to let go’, en probeer so gou as moontlik om ‘n baba by ‘n familie geplaas te kry. Een van hulle…
26 Oct 2022 10 min