EPISODE 3 - 15 JANUARIE 2023 - Hoe mense in die Bybelse tyd oor die toekoms gedink het.
--:--
In hierdie episode gesels Zander en Chris oor hoe mense in die Bybelse tyd oor die toekoms gedink het. Ons gesels oor die rol van die geskiedenis tydens die Ballingskap en hoe die antieke mense met hul “rug die toekoms ingeleef het”. Ons staan ook stil by die rol wat profesie gespeel het en hoe ’n mens profesie in die Bybel moet verstaan. Soos gewoonlik deel ons ook ’n paar interessante feite oor die Bybel en nuus vanuit die navorsing en argeologie.