Lunch Punch: Susan Lombaard vertel Maroela Media is terug op lug

Loading player...
Ná ʼn stilte van meer as 80 uur is Maroela Media, die lekkerste kuierplek op die internet, weer terug in die kuberruim – en net so lekker soos voorheen.
Nadat RSAWeb, die internetdiensverskaffer waar die Maroela-webwerf gehuisves word, op Woensdag, 1 Februarie die slagoffer van ʼn kuberaanval was, was Maroela Media en talle ander mediahuise en webwerwe nie beskikbaar nie. Maroela Media het Saterdag die goeie nuus ontvang dat die webwerf weer op die lug is ná bykans drie dae – die langste wat Maroela nog ooit af was in sy byna 12 jaar van bestaan. Die Maroela-app is ook hierdeur geraak. Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media, vertel meer.
6 Feb 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Magda Louw en haar Erhard

Magda en Erhard het ’n goeie show beplan, julle, regtig, goeie waarde vir geld, hulle sal dalk selfs genomineer kan word vir ’n prys of so… Maar die ou man vergeet heeltyd waar hy moet inkom en arme Magda moet net vure doodslaan. Selfs die dans is maar louwarm. (Klem…
10 Sep 10 min