Dinsdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

Loading player...
EKSODUS 13
Elke eersgeborene moet aan die Here gewy word
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Julle moet elke eersgeborene aan My wy, elke eersteling wat in Israel gebore word, mens en dier. Dit is Myne.”
3Moses het vir die volk gesê: “Onthou die dag waarop julle uit Egipte, uit die plek van slawerny, weggetrek het, want dit is deur sy groot mag dat die Here julle daaruit bevry het. Julle mag op dié dag niks met suurdeeg in eet nie.
4“Julle vertrek vandag, op hierdie besondere dag in die maand Abib. 5Die Here het met 'n eed aan julle voorvaders belowe om vir julle die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Hewiete en Jebusiete te gee. Wanneer Hy julle bring in die land wat oorloop van melk en heuning, moet julle die volgende verpligting in hierdie maand nakom: 6sewe dae lank moet julle ongesuurde brood eet, en die sewende dag is 'n feesdag tot eer van die Here. 7Dit moet beslis ongesuurde brood wees wat julle die sewe dae lank eet. Dan mag daar geen gis of enige suurdeeg by julle in julle hele gebied wees nie. 8Op die feesdag moet elkeen vir sy kinders vertel: ‘Dit is oor wat die Here vir my gedoen het toe ek uit Egipte getrek het.’ 9Die fees moet vir julle wees soos 'n teken op die hand of 'n merk op die voorkop sodat julle altyd sal getuig dat die Here Hom aan julle geopenbaar het, want dit is met sy groot mag dat Hy julle uit Egipte bevry het. 10Julle moet hierdie voorskrif van jaar tot jaar op die bepaalde tyd nakom.
16 Oct 2023 11PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

GENESIS 50 18Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê: “Hier is ons voor u. Ons is u slawe.” 19Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. 20Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou…
11 Mar 11PM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

SPREUKE 3 3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. 4So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens. 5Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. 6Ken Hom in alles…
10 Mar 11PM 11 min

Maandag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

JOËL 2 Kom terug na My toe! 12Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! 13Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol…
8 Mar 11PM 11 min

Sondagaand Erediens - Past Pieter Calitz

1 KORINTIËRS 15 Die opstanding van Christus 1Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. 2Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig…
8 Mar 10AM 21 min