Spreeklewe - Psalm 121

Loading player...
PSALMS 121
My hulp kom van die Here
1'n Pelgrimslied.
Ek kyk op na die berge:
waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
2My hulp kom van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie;
Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
4Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie
en Hy slaap nie.
5Die Here beskerm jou,
die Here bewaar jou van alle gevare.
6Bedags sal die son jou nie steek nie
en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.
7Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar,
jou lewe sal Hy beskerm.
8Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,
nou en vir altyd.
24 Apr 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Will Linley

Will Linley het op #MirragsaamAnnelie kom kuier! Hy vertel van sy debuut album #Dontcrybecauseitsover en Annelie leer hom Afrikaanse idiome
4 Sep 22 min

#KomOnsPraatDaaroor - 27 Augustus

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
27 Aug 45 min

#KomOnsPraatDaaroor - 20 Augustus

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
20 Aug 43 min

Spreeklewe - Plaas jou vetroue in God en nie in mense nie

Psalm 118:8 Om by die Here te skuil,is beter as om op mense te vertrou. Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” Joh 16:33 Jesus is ook verloen…
20 Aug 6 min