Arno van Niekerk - voorbidding vir ons land en regering

Loading player...
In vandag se program kom Arno van Niekerk andermaal aan die beurt om ons te bemoedig met gedagtes van voorbidding vir ons land en regering. Maar mens kan jou uit jou geloof uit bekommer – daarom sal Marianne Peak raad gee oor hoe om ons gedagtes hok te slaan sodat ons in gebed voor Vader kan bly staan. Esté gesels as deel van ‘n reeks, oor wat ons kan leer van die lewe van Josua en ook die oorhandiging van Moses na Josua. Elizabeth Jordaan vertel verder in ‘n nuwe reeks oor die lewe van Andrew Murray en vandag ‘n derde aanbieding van Lisbe Visser wat getuig oor haar herstel nadat sy verbrand het. In hierdie bydrae praat sy oor haar herstel van emosionele pyn.
21 Jun 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 12 Sept 2025

In die Sondagskool het ons die liedjie geleer met die woorde: “Lees jou Bybel , bid elke dag ...” Daardie opdrag geld steeds en word meer belangrik as ooit gesien die dinge wat in die wêreld om ons gebeur! Ekself is tans deel van ‘n groep mense wat die Bybel…
12 Sep 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper - 5 Sept 2025

Suid Afrika is net een van vele lande wat tans toenemend “geterg” word deur dinge in die samelewing wat net nie meer in ‘n sagte stroom wil beweeg nie. Dit is asof ons Almagtige Skepper God toenemend die mens se aandag soek asof om te vra – waar is jou…
5 Sep 1 hr 34 min

Delf Steeds Dieper 22 Aug 2025

Radio Kansel vier verjaardag!! Soveel jare op die lug en soveel kontakte, boodskappe, opdragte ... En alles is genade. Kom vier saam met ons dit wat ons Vader deur hierdie kanaal op die luggolwe van SA toegelaat het! DIE BOEKVOORLESING uit die boek wat Andrew Murray geskryf het, “In die…
22 Aug 1 hr 16 min

Delf Steeds Dieper - 15 Aug 2025

Vandag ‘n nuwe onderwerp en ‘n nuwe gas! Ds David Malan daar uit die Kaap, kom verduidelik vir ons intens belangrike dinge wat ons veral in die dae moet verstaan. Hierdie gesprek handel oor die dieper betekenis van die Boek Openbaring. Jy ook al daaroor gewonder? Kom luister en leer…
15 Aug 1 hr 24 min

Delf Steeds Dieper - 8 Aug 2025

Ons groep-gesprek oor die belangrike onderwerp van: “Hoe maak ek dissipels”, word nou gereduseer na ‘n twee-gesprek. Bennie Mostert sal in hierdie program die belangrike elemente van hierdie opdrag en hoe om dit waaragtig deur te voer, vir ons kom vaslê. Moet dit nie misloop nie. Onthou - ons Vader…
8 Aug 1 hr 24 min