Vrydag 19 Julie 2024

Loading player...
In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper, uitgesaai op Vrydag 19 Julie 2024.
Kosbare Izak Coetzee sluit in hierdie program sy lering oor die wonder van die betekenis van ons Vader se bedoeling met die mens en hoe Hy dit deur die volk van Israel aan ons bekend gestel het, af. Moenie hierdie laaste gesprek van Izak mis nie.
Jan de Bruin – medekollega – doen groot werk om op ons land se paaie die Woord uit te dra. Hy was verlede week betrokke by ‘n uitreik na bestuurders van vragmotors wat vir dae in ‘n tou wat 30 kilometer, kop aan stert moes wag om vragte steenkool af te laai.
Elizabeth Jordaan het ‘n studie gemaak van die rol wat Andrew Murray in Suid Afrika gespeel het. Kom luister en leer meer van die groot rol wat hierdie man ook in ons land gespeel het.
In hierdie program sluit ons uiteindelik die reeks af met Lisbe Visser wat met olie verbrand het, maar genesing ontvang het – ook in haar gees. In hierdie bydrae verduidelik sy watter rol Heilige Gees in haar genesing gespeel het. Moet dit nie misloop nie.
19 Jul 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 12 Sept 2025

In die Sondagskool het ons die liedjie geleer met die woorde: “Lees jou Bybel , bid elke dag ...” Daardie opdrag geld steeds en word meer belangrik as ooit gesien die dinge wat in die wêreld om ons gebeur! Ekself is tans deel van ‘n groep mense wat die Bybel…
12 Sep 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper - 5 Sept 2025

Suid Afrika is net een van vele lande wat tans toenemend “geterg” word deur dinge in die samelewing wat net nie meer in ‘n sagte stroom wil beweeg nie. Dit is asof ons Almagtige Skepper God toenemend die mens se aandag soek asof om te vra – waar is jou…
5 Sep 1 hr 34 min

Delf Steeds Dieper 22 Aug 2025

Radio Kansel vier verjaardag!! Soveel jare op die lug en soveel kontakte, boodskappe, opdragte ... En alles is genade. Kom vier saam met ons dit wat ons Vader deur hierdie kanaal op die luggolwe van SA toegelaat het! DIE BOEKVOORLESING uit die boek wat Andrew Murray geskryf het, “In die…
22 Aug 1 hr 16 min

Delf Steeds Dieper - 15 Aug 2025

Vandag ‘n nuwe onderwerp en ‘n nuwe gas! Ds David Malan daar uit die Kaap, kom verduidelik vir ons intens belangrike dinge wat ons veral in die dae moet verstaan. Hierdie gesprek handel oor die dieper betekenis van die Boek Openbaring. Jy ook al daaroor gewonder? Kom luister en leer…
15 Aug 1 hr 24 min

Delf Steeds Dieper - 8 Aug 2025

Ons groep-gesprek oor die belangrike onderwerp van: “Hoe maak ek dissipels”, word nou gereduseer na ‘n twee-gesprek. Bennie Mostert sal in hierdie program die belangrike elemente van hierdie opdrag en hoe om dit waaragtig deur te voer, vir ons kom vaslê. Moet dit nie misloop nie. Onthou - ons Vader…
8 Aug 1 hr 24 min