Ons is so beperk in ons denke, so dit is vir ons moeilik om 'n God voor te stel vir wie niks onmoontlik is nie. God is werklik daar en Hy is iemand in wie ons ons vertroue kan plaas.
As dinge om jou vrot raak, moet jy vra wat aan gaan. Ons moet die sout van die aarde wees wat dinge 'vars' hou om ons. Ons moet dalk dinge begin anders doen.
Deur alles, is God getrou. Hy loop langsaan jou, al is jy 'n enkelma en help jou om kinders groot te maak. Hy los ons nie, en Hy is goed! As dinge moeilik raak is Hy altfy by jou en stap saam deur die moeilikste tye.
Ons kyk na ons lewens en die van die mense om ons, en ons kan net deel wat gebeur (goed of sleg) of ons kan iets doen, en vir mense bid en dinge verander. Hoe wil jy lewe?
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.