Maandag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
EKSODUS 1
Die vermeerdering van Israel in Egipte
1Hier volg die name van die Israeliete wat saam met Jakob na Egipte toe gekom het, elkeen met sy gesin: 2Ruben, Simeon, Levi en Juda; 3Issaskar, Sebulon en Benjamin; 4Dan, Naftali, Gad en Aser. 5Jakob het sewentig afstammelinge gehad. Josef was toe al in Egipte.
6Met verloop van tyd het hy en al sy broers, daardie hele geslag, gesterwe. 7Die Israeliete was vrugbaar en het vermeerder. Hulle het baie geword, so baie dat die land vol was van hulle.
Die farao probeer die getal van die Israeliete beperk
8Toe 'n nuwe koning wat nie van Josef geweet het nie, oor Egipte begin heers, 9het hy vir sy volk gesê: “Besef julle dat die Israeliete nou meer en sterker is as ons? 10Kom ons bedink 'n plan teen hulle sodat hulle nie kan vermeerder nie. Anders kan dit gebeur dat as daar oorlog uitbreek, hulle dalk by ons vyand aansluit om teen ons te veg en ons land te oorweldig.”
11Daar is toe slawedrywers oor hulle aangestel om hulle met dwangarbeid te onderdruk. Hulle moes die voorraadstede Pitom en Rameses vir die farao bou. 12Maar hoe meer die Israeliete onderdruk is, hoe meer het hulle geword en hoe meer het hulle oor die land versprei, in so 'n mate dat die Egiptenaars baie bang geword het vir hulle. 13Die Egiptenaars het slawe gemaak van die Israeliete 14en die lewe vir hulle bitter gemaak deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die lande. Hulle moes onder dwang al die slawewerk vir Egipte doen.
22 Sep 2024 11PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 9 Die verheerliking op die berg (Matt. 17:1-8; Mark. 9:2-8) 28Omtrent ag dae nadat Jesus hierdie woorde gesê het, het Hy vir Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem die berg op om te gaan bid. 29Terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy gesig anders geword en sy klere…
12 Sep 11PM 23 min

Vrydag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 18 Die blinde man by Jerigo (Matt. 20:29-34; Mark. 10:46-52) 35Jesus het naby Jerigo gekom. Toe 'n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, 36die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. 37Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier…
11 Sep 11PM 11 min

Donderdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 19 Jesus en Saggeus 1Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. 2Daar was 'n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, 'n ryk man. 3Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. 4Hy…
10 Sep 11PM 12 min

Woensdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

MATTEUS 15 Die Kanaänitiese vrou (Mark. 7:24-30) 21Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon toe vertrek. 22'n Kanaänitiese vrou wat in daardie gebied gewoon het, het onverwags by Hom aangekom. Sy het aanhoudend geroep: “Ontferm U oor my, Here, Seun van Dawid! My dogter is…
9 Sep 11PM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

JOHANNES 12 Jesus word in Betanië met nardusolie gesalf (Matt. 26:6-13; Mark. 14:3-9) 1Ses dae voor die paasfees het Jesus na Betanië toe gekom, waar Lasarus wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het. 2Daar het hulle vir Jesus 'n ete gegee. Marta het bedien, en Lasarus was een…
8 Sep 11PM 11 min