
Skoolvoeding op Opuwo is op dreef, geen rede vir kossoekery nie
Loading player...
Reaksie word ontvang op berigte dat laerskool-leerders in Opuwo eerder deur op stortingsterreine na kos, boumateriaal en klere soek as wat hulle skool bywoon. Die skole het blykbaar ‘n plan gemaak en hou nou twee skedules – een in die oggend en een in die middag. Dit is om die kinders ‘n geleentheid te gun om die terrein te besoek. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Edda Bohn sê die skoolvoedingprogram is by al die betrokke skole in Opuwo geïmplementeer en aan die gang.