Delf Steeds Dieper - 4 Okt 2024

Loading player...
In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper gesels Este eerste met Elizabeth Jordaan wat verder vertel van die wel en weë en veral die geweldige invloed wat Andrew Murray op die ontwikkeling van "Kerk" in SA gehad het. Dit is veral die verskille wat in hierdie deel van die vertelling na vore kom, wat mens laat besef hoe een kerk in 'n paar vertakkinge verdeel het.

Die groot probleem met "Fetale Alkohol Sindroom" is weer op die tafel. In hierdie aanbieding vertel Rene Testa in meer detail van dit wat haar seuntjie - wat sy aangeneem het, moes deurleef. Hierdie seun is gebore met "Fetale Alkohol Sindroom" en sy vertel alles wat hul moes deurgaan om van die verslawing ontslae te raak. Hennie en Louise Burger is 'n egpaar wat hul hele lewe lank in diens van ons Vader leef, waar hulle in gehoorsaamheid een opdrag na die ander van Hom ontvang en deurvoer. Tot onlangs het hul by 'n skool in Graaff Reinet gehelp - ook met kinders wat leer probleme het as gevolg van hierdie alkohol sindroom. Luister en leer.
4 Oct 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 12 Sept 2025

In die Sondagskool het ons die liedjie geleer met die woorde: “Lees jou Bybel , bid elke dag ...” Daardie opdrag geld steeds en word meer belangrik as ooit gesien die dinge wat in die wêreld om ons gebeur! Ekself is tans deel van ‘n groep mense wat die Bybel…
12 Sep 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper - 5 Sept 2025

Suid Afrika is net een van vele lande wat tans toenemend “geterg” word deur dinge in die samelewing wat net nie meer in ‘n sagte stroom wil beweeg nie. Dit is asof ons Almagtige Skepper God toenemend die mens se aandag soek asof om te vra – waar is jou…
5 Sep 1 hr 34 min

Delf Steeds Dieper 22 Aug 2025

Radio Kansel vier verjaardag!! Soveel jare op die lug en soveel kontakte, boodskappe, opdragte ... En alles is genade. Kom vier saam met ons dit wat ons Vader deur hierdie kanaal op die luggolwe van SA toegelaat het! DIE BOEKVOORLESING uit die boek wat Andrew Murray geskryf het, “In die…
22 Aug 1 hr 16 min

Delf Steeds Dieper - 15 Aug 2025

Vandag ‘n nuwe onderwerp en ‘n nuwe gas! Ds David Malan daar uit die Kaap, kom verduidelik vir ons intens belangrike dinge wat ons veral in die dae moet verstaan. Hierdie gesprek handel oor die dieper betekenis van die Boek Openbaring. Jy ook al daaroor gewonder? Kom luister en leer…
15 Aug 1 hr 24 min

Delf Steeds Dieper - 8 Aug 2025

Ons groep-gesprek oor die belangrike onderwerp van: “Hoe maak ek dissipels”, word nou gereduseer na ‘n twee-gesprek. Bennie Mostert sal in hierdie program die belangrike elemente van hierdie opdrag en hoe om dit waaragtig deur te voer, vir ons kom vaslê. Moet dit nie misloop nie. Onthou - ons Vader…
8 Aug 1 hr 24 min