Woord vir Vandag - 1 Nov 2024

Loading player...
"...U omring my met liedere van redding." Psalm 32:7 NLV
Liedere van redding (1)
Die Psalmdigter het geskryf: ‘U is vir my ‘n skuilplek. U beskerm my van teëspoed. U omring my met liedere van redding.’ Wanneer moeilikheid opdaag, kan jy na God toe draai en by Hom wegkruip. Hoe? Deur jouself met liedere van redding te omring. Ruth Ward Heflin gee ons ‘n padkaart na God se teenwoordigheid toe: ‘Jy lofprys totdat die gees van aanbidding kom, jy aanbid totdat die heerlikheid kom en dan staan jy in die heerlikheid.’ Dit is daar waar alle dinge moontlik is. God het vir Jeremia gesê: ‘…Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het gaan gebeur’
(Jeremia 1:12 NLV). Die harp wat Dawid gebruik het om God op die heuwels te loof terwyl hy na sy skape omgesien het, is dieselfde harp wat God gebruik het om koning Saul van die geeste wat hom in die greep van depressie gehad het, te bevry. Dit was ook nie die enigste keer wat God musiek gebruik het om ‘n wonderwerk mee te verrig nie. Toe die mense van Juda uitwissing as gevolg van droogte in die gesig gestaar het, het die profeet Elisa gesê: ‘Laat iemand wat die lier kan speel, hiernatoe kom. Terwyl iemand op die lier gespeel het, kom die krag van die Here oor Elisa. Hy sê: ‘Dit is wat die Here sê: Hierdie droë vallei sal met poele water gevul word’’ (2 Konings 3:15-16 NLV). God het daardie vallei vol water gemaak en hulle ‘n skouspelagtige oorwinning oor hul vyande gegee. Die sanger Julie True sê: ‘Op 'n geestelike vlak omseil musiek ons verstand en gaan reguit na ons hart, siel en gees toe. Dit raak plekke aan wat deur niks anders bereik kan word nie. Aanbidding maak die hemele oop en roer God se hart.’

Sielskos: Jes 30-33; Joh 7:14-24; Ps 104:1-23; Spr 28:5-8
31 Oct 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min