Woord vir Vandag - 2 Nov 2024

Loading player...
2024/11/02
"Teen middernag was Paulus ne Silas besig om te bid en tot lof van God te sing..." Handelinge 16:25 NLV
Liedere van redding (2)
Selfs die wetenskap stem saam dat musiek genesende krag het. Ons het deesdae musiekterapeute wat mense in hospitale, skole vir kinders met spesiale behoeftes, ouetehuise en ander omgewings bystaan. Navorsers aan die Harvard-universiteit het, onder andere, berig dat musiek 'n genesende balsem vir beroerte, Alzheimer se siekte en die fisiese stres van voortydige geboorte, is. Hulle het ook gevind dat musiek chirurgiese uitkomste kan verbeter, help om verlore spraak te herstel, newe-effekte van kankerterapie kan verminder, pyn kan verlig en depressie kan beveg. Dr Gottfried Schlaug, ‘n neuroloog verbonde aan Harvard Universiteit, het vir die Los Angeles Times gesê: ‘Musiek kan 'n alternatiewe toegangspunt tot die brein bied, omdat dit soveel verskillende deure in 'n beseerde of siek brein kan ontsluit.’ Sy navorsing wys dat toonhoogte, harmonie, melodie, ritme en emosie, wat almal komponente van musiek is, verskillende dele van die brein betrek - dele van die brein wat ook belangrik vir spraak, beweging en sosiale interaksie is. ‘Met ‘n woord het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk’ (Psalm 107:20 NLV). Dus, wanneer musiek die medium is wat gebruik word om God te prys en sy kreatiewe en lewensveranderende Woord uit te druk, begin jy die potensiaal van musiek om redding mee te bring, insien. Dit was vir seker die geval vir Paulus en Silas: ‘Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. Skielik kom daar ‘n groot aardbewing sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg en al die gevangenes se kettings het losgekom!’ (Handelinge 16:25-26 NLV).
Verander jou houding. Verander jou omgewing. Verander jou lewensuitkyk. Begin om jouself met liedere van redding te omring!

Sielskos: Jes 34-37; John 7:25-44; Ps 104:24-35; Spr 28:9-12
1 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min