Woord vir Vandag - 3 Nov 2024

Loading player...
2024/11/03
"Tog is U die heilige wat woon waar Israel U prys." Psalm 22:4 NLV
Liedere van redding (3)
Die Nuwe Lewende Vertaling sê: ‘Tog is U die heilige wat woon waar Israel U prys.’ Die 2020 vertaling sê: ‘U is tog die Heilige, U heers waar die lofliedere van Israel opklink.’ Jy vra: ‘Watter vertaling is die regte een? Beide is reg. Die woord ‘woon’ beeld ‘n inwoner wat tuis voel uit. Die woord ‘heers’ beeld iemand in ‘n posisie van mag en gesag uit, iemand wat bevele kan gee en dinge kan laat gebeur. God is dus tuis in ons lofprysing; sy mag word deur ons lofprysing vrygestel. Toe God die aarde geskep het, het Hy dit met woorde – klank – gedoen. Dus kan God se krag deur klank beweeg. Sekere klanke roer sy hart. Sekere klanke roep sy teenwoordigheid aan. Sekere klanke beweeg Hom tot aksie. Die sleutel tot verlossing word in ‘n ontmoeting met God gevind. Liedere van redding kan so ‘n ontmoeting met God moontlik maak. Lees hierdie drie Skrifgedeeltes aandagtig deur: ‘…Oordink dit in die nag op jou bed en wees rustig’ (Psalm 4:5 NLV). ‘Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom…’ (Psalm 37:7 NLV). ‘Hy wat woon in die skuilplek van die Allerhoogste, sal rus in die skadu van die Almagtige’ (Psalm 91:1 NLV). Let die woorde ‘oordink,’ ‘wees rustig,’ ‘wees stil,’ ‘wag geduldig’ en ‘hy wat woon in die skuilplek,’ op. Stel jouself nou voor waar jy die teenwoordigheid van God in jou laat insypel. Jou emosies is stil, jou gees is ingestel op God se teenwoordigheid, jy kan hoor wat Hy te sê het en van Hom ontvang wat jy nodig het. Dit is wat gebeur wanneer jy jouself met ‘liedere van redding,’ omring.

Sielskos: Hand 9:1-19; 2 Kor 11:21-33; 2 Kor 12:7-10; Hand 16:16-40
2 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min