Woord vir Vandag - 4 Nov 2024

Loading player...
2024/11/04
"...Kom voor Hom en sing met vreugde." Psalm 100:2 NLV
Liedere van redding (4)
Die Psalmdigter het geskryf: ‘…Kom voor Hom en sing met vreugde… Gaan sy poorte in met dankliedere, sy hofsaal met lofgesange. Dank Hom en prys sy Naam’ (verse 2, 4 NLV). Wanneer jy ‘n koning nader, word ‘n sekere protokol vereis. Dawid gee vir ons die protokol om die teenwoordigheid van die Koning van Konings binne te gaan: ‘Gaan sy poorte in met dankliedere, sy hofsaal met lofgesange.’ Vraag: Is dit jou persoonlike ervaring in die kerk? Of staan jy soos 'n toeskouer rond en luister terwyl die musikante, die aanbiddingspan, of die koor sing? Ons word almal geroep om lofprysing ‘binne te gaan.’ Aanbidding is nie iets wat jy bloot met jou ore hoor nie; jy druk dit met jou lippe - en jou hart - uit. Wanneer jy versuim om dit te doen, is daar 'n verbintenis met God wat nie gemaak word nie. Jy, persoonlik, moet God aanbid! Niemand anders kan dit vir jou doen nie, ongeag hoe begaafd en talentvol hulle ook al mag wees. Jy sê: ‘Maar soms is ek nie lus om God te prys nie.’ Die Bybel sê: ‘Kom ons bring dan, met Jesus Christus se hulp, ‘n voortdurende lofoffer aan God – ‘n offer wat opklink van die lippe van hulle wat Hom bely’ (Hebreërs 13:15 NLV). God wil opofferende lofprysing hê. Wat is dit? Lofprysing wanneer jy nie lus is daarvoor nie. Lofprysing wanneer jy deur moeilike seisoene gaan. Lofprysing wanneer jy, menslik gesproke, nie aan ‘n enkele ding kan dink om God oor te loof nie. Die lofprysing wat jou iets kos, is die lofprysing wat by God tel. ‘Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees’ (Psalm 34:2 NLV).

Sielskos: Jes 38-41; Joh 7:45-53; Ps 9; Spr 28:13-16
3 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min