Woord vir Vandag - 5 Nov 2024

Loading player...
2024/11/05
"Selfs die hare op julle kop is getel..." Lukas 12:7 NLV
God gee om oor die detail van jou lewe
As jy wil weet hoe onbegryplik groot God is, lees die volgende: ‘Dit was my hand wat die aarde se fondamente gelê het. Met my regterhand het Ek die hemelkoepel gespan…’ (Jesaja 48:13 NLV). Kan so ‘n groot God vir jou daaglikse probleme en ellendes omgee? Ja. ‘Wat kos vyf mossies? ‘n Paar sent? Tog vergeet God nie ‘n enkele een van hulle nie. Selfs die hare op julle kop is getel. Moet dus nie bang wees nie; julle is vir Hom meer werd as ‘n hele swerm mossies’ (Lukas 12:6-7 NLV). God gee vir mossies om – meer as wat jy weet. Hy gee vir hulle kos, voorsien hulle van bome, takkies vir hulle neste en ander mossies om mee te kommunikeer. Hy gee so baie vir hulle om dat Hy ‘n lopende inventaris van hulle hou. Wat van jou? ‘Selfs die hare op julle kop is getel…’ Wanneer jy vir iemand omgee, let jy na detail op. Wat is die eerste ding wat ouers doen wanneer hulle hul nuwe baba se klein vingers en tone vir die eerste keer sien? Hulle tel hulle. As daardie kind een dag by die huis sonder een van daardie tien vingers of tone sou kom, sal die ouers dit dadelik opmerk. Selfs ontoereikende ouers doen dit. Jesus het inderwaarheid gesê: ‘God tel nie net jou vingers en tone nie. Hy het jou so lief dat Hy selfs die hare op jou kop tel. Hy weet hoeveel daar is. Hy weet watter kleur elkeen is.’ Spreuke 16:31 sê vir ons: ‘Grys hare is soos ‘n koning se kroon, ‘n mens kry dit by persone wat reg lewe’ (NLV). Die kruis bewys hoe lief God jou, insluitend die detail van jou lewe, het en hoeveel jy vir Hom beteken.

Sielskos: Jes 42-44; Joh 8:1-20; Ps 96; Spr 28:17-20
4 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min