Woord vir Vandag - 7 Nov 2024

Loading player...
“Ons siel wag op die Here; Hy is ons hulp en ons skild” Psalm 33:20 AFR53

Wag in God se teenwoordigheid
Ons innerlike self kan opgelei word om op God te wag, selfs al is ons uiterlike self gestres en angstig vir antwoorde. Dit is nie maklik om dit in ons vinnige samelewing, waar die geestelike dissipline om op die Here te wag dikwels ontbreek, te doen nie. Ons wil alles dadelik hê. As ons egter altyd haastig is, sal ons die hegte gemeenskap met God wat tyd neem om te ontwikkel, misloop. Hy sal met ons harte praat, indien ons geduldig is om te luister. Nadat hy Baäl se profete doodgemaak het, het Elia ‘n waardevolle les geleer oor hoe om op God te wag. Die Here het vir hom gesê om op ‘n berg te gaan staan. ‘n Groot rukwind het daar verbygekom, toe ‘n aardbewing en toe ‘n vuur, maar die Here was nie in een daarvan nie. Die Bybel sê: ‘…Na die vuur was daar die geluid van ‘n sagte fluistering’ (1 Konings 19:12 NLV). Die Here het in ‘n stil fluistering na die rukwind, aardbewing en vuur gepraat. As Elia ongeduldig was, sou hy nie die Here se stem gehoor het nie. Dawid het ook geleer om op God te wag. ‘…Ek wil ervaar hoe goed Hy vir my is. Ek wil weer en weer daaroor nadink wanneer ek Hom aanbid’ (Psalm 27:4 DB). Om effektief te kan bid, moet ons kies om geduldig te wag en te luister vir sy Woord. Deur te wag en te luister, word die fokus van ons af geneem en op Hom, wat die antwoord op al ons behoeftes is, geplaas. Dit is dikwels in stilte wat die krag van God die magtigste beweeg. Laat dus die Heilige Gees toe om jou te leer om in sy teenwoordigheid te wag.
6 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min