Woord vir Vandag 11 Nov 2024

Loading player...
“Amasia het gedoen wat reg was vir die Here, maar nie met sy hele hart nie.” 2 Kronieke 25:2 NLV

Streef na heelhartige toewyding aan God

Die Bybel sê: ‘Amasia het gedoen wat reg was vir die Here, maar nie met sy hele hart nie’ (vers 2 NLV). Vergelyk dit met wat God oor Dawid gesê het: ‘…Ek het Dawid… gekry; hy is ‘n man na my hart. Hy sal alles doen wat Ek wil hê’ (Handelinge 13:22 NLV). Dit kan bietjie verwarrend wees, want wanneer jy oor Dawid se lewe lees, kry jy hoofstukke van owerspel, moord en toesmeerdery. Hy is ‘n ramp as man en ‘n onwaardige pa.

Sy hart is egter aan God toegewy. Hoe weet ons dit? Want wanneer hy foute gemaak het en gesondig het, het hy berou en die begeerte om dinge reg te maak by God, gehad. Toe Dawid die verbondsark na Israel toe teruggelei het, het hy ‘…met volle oorgawe voor die Here gedans…’ (2 Samuel 6:14 NLV). Hy het homself heeltemal daarin gewerp.

Die Skrif sê dat Dawid voor die Here gespring en gedans het (sien 2 Samuel 6:16). In die vroeë geskiedenis is die hart as die kern van die mens gesien. Dit het nie net gevoelens gehuisves nie, maar is as die middelpunt van 'n persoon se wese, veral sy of haar wil, gesien. Heelhartige toewyding aan God wys dus wat jy kies om met al jou energie aan te gryp. Amasia het nege-en-twintig jare van sy lewe bestee om sy toewyding aan God te verfyn. Hy het gedoen wat reg is, maar sy hart was nie daarin nie. Dawid het, ten spyte van sy foute, God met sy hele hart nagestreef. Die woord vir jou vandag is dus - streef na heelhartige toewyding aan God.
10 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min