Woord vir Vandag 12 Nov 2024

Loading player...
“Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here.” Romeine 12:11 NLV

‘n Geestelike EKG

Net soos ‘n EKG die gesondheid van ons fisiese hart en blokkasies wat dit kan bedreig, meet, is dit nuttig om ‘n instrument te hê wat ons ywer, toewyding en heelhartigheid wanneer dit kom by die dien van die Here, te kan meet. Die volgende ses vrae sal presies dit doen: 1) Praat ek openlik en gereeld oor my toewyding aan Christus om ‘n soort openbare aanspreeklikheid vir my dade te skep? 2) Aanvaar ek die verantwoordelikheid om te groei? Lees ek boeke, oefen vaardighede en ontmoet mense wat my kan help verbeter? 3) Kla ek oor probleme op ‘n manier wat halfhartige betrokkenheid weerspieël? 4) Hanteer ek teleurstellings deur met God te praat en vir Hom die krag om te volhard te vra? 5) Erken en vier ek selfs my klein treë in die regte rigting? 6) Die apostel Paulus skryf: ‘Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here.’ Toewyding beskryf passie, volharding en krag. Dit is dinge wat ek kan dophou en oppas. Is ek tans eerlik oor my vlak van toewyding? Wanneer my toewyding afneem, neem ek stappe om dit te vernuwe? Dink versigtig en met gebed oor elkeen van hierdie vrae. Wees eerlik met God en met jouself. As jy nie van die antwoorde hou nie, besluit vandag om tot aksie oor te gaan. Bestee meer tyd alleen met God in gebed en deur sy Woord te lees. Om ‘n brandende ywer vir God te hê, is soos om ‘n vuur op te pas; dit vereis konstante brandstof en onderhoud. Niemand anders kan dit namens jou doen nie.
11 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min