Woord vir vandag 13 Nov 2024

Loading player...
“Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie.” Spreuke 27:1 NLV

Beplan vir die beste, maar wees voorbereid vir die ergste

Onverwagte gebeurtenisse kan ons van ons voete af slaan. Terwyl sommige van ons platgeslaan bly, staan ander weer op en gaan aan. Hulle weier om die nederlaag as permanent te aanvaar. Hulle is soos die man wat gesê het: ‘Ek is nooit af nie; ek is óf op, óf ek is besig om op te staan.’ Alles wat in die lewe gebeur, sien hulle as ‘n leerervaring. Om ‘n geliefde te verloor is hartverskeurend, maar dit kan ook ‘n wekroep wees om elke dag ten volle te leef. Deur te sukkel om ‘n slegte gewoonte te oorkom, kan daartoe lei dat jy jou lewe herprioritiseer en gesonde gewoontes instel. Jy kan vir die ergste voorberei deur geld vir noodgevalle te spaar, klasse oor nuwe produkte en tegnologie by te woon, jou verhoudings en kontakte op datum te hou sodat wanneer jy iemand vir hulp skakel, daar iemand aan die ander kant is wat gewillig is om die foon op te tel. Om dit te doen is soos om ‘n spaarwiel en gereedskap in jou kattebak te hê om ‘n pap wiel mee om te ruil. Jy hoop dat dit nooit nodig sal wees om dit te gebruik nie, maar jy hou dit gereed vir ingeval jy ‘n slaggat tref. Bo dit alles moet jy sorg dat jy jou verhouding met God in ‘n goeie toestand hou! ‘Die Here bepaal die rigting van ‘n mens, en met sý lewe is Hy tevrede. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas’ (Psalm 37:23-24 NLV).
12 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min