Woord vir Vandag 14 Nov 2024

Loading player...
“…Hulle het krag in hulle swakheid ontvang…” Hebreërs 11:34

Tou-opgooiers wen nie. Wenners gooi nie tou op nie.

Volharding en die weiering om jou visie te laat vaar, het jou laat aanhou probeer totdat jy uiteindelik sukses behaal het. Probeer om jouself in te dink hoe die lewe sonder die gloeilamp of die polio-inenting sou gewees het. Tog het Thomas Edison en Jonas Salk eindelose hoofstukke van beproewing en mislukking beleef voordat hulle uiteindelik sukses behaal het. Suksesvolle mense neem kennis van hul mislukkings en leer daaruit. Hulle ondersoek dit versigtig, werk uit waar dinge verkeerd begin gaan het en gebruik dit dan om foute op die pad vorentoe reg te stel. Te dikwels begin ons nuwe projekte met opgewondenheid en entoesiasme. Die nuutheid van wat ons doen dryf ons vorentoe. Dan gaan iets verkeerd en ons hou op. Die projek het makliker gelyk as wat dit in werklikheid is en ons is nie bereid om daarby te bly en daaraan te werk nie, dus gooi ons tou op. Tou-opgooiers wen egter nie en wenners gooi nie tou op nie. As verloste kind van God, het jy ‘n verdere voordeel: ‘…my hulp kom van die Here…’ (Psalm 121:2 NLV). Dink daaroor. Met die Here wat jou in elke situasie en omstandigheid help, sal jy uiteindelik oorwin. Jy het ‘n bron van onfeilbare krag en leiding om hulp by te kry. Moses het deur kritiek, verraad en aanhoudende klaery geleef, maar tog het hy die grootste migrasie van mense in die geskiedenis van die mensdom gelei. Hoe het hy dit gedoen? Die Bybel gee ons die antwoord in twee frases: ‘…hy [het] na die beloning uitgesien… Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien’ (Hebreërs 11:26-27 AFR83). Hou dus jou oë op die Here, hou aan vorentoe kyk na jou beloofde beloning, en jy sal oorwin.
13 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min