Woord vir Vandag - 15 Nov 2024

Loading player...
“…Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Matteus 4:19 NLV

Om vis te vang en siele te wen

Jesus het vir professionele vissermanne gesê: ‘Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak.’ Hierdie mans het drie dinge van visvang geweet: 1) Jy moet gaan waar die vis is. Jy sê: Ek dog ons is veronderstel om onsself apart van die wêreld te hou.’ Jesus het nie die kultuur vermy nie; Hy het daarby betrokke geraak om dit sodoende te verander. Jy moet dieselfde doen. Jesus het gebid: ‘Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Laat hulle vir U geheilig wees deur ‘n hegte verbintenis aan die waarheid. Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur’ (Johannes 17:15-18 NLV). 2) Jy moet gereed wees wanneer die vis begin byt. ‘Inteendeel, eerbiedig net Christus as die heer van julle lewe. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer’ (1 Petrus 3:15 NLV). 3) Jy moet die regte aas gebruik om die vis te vang. Paulus het gesê: ‘Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring redding vir elkeen wat glo…’ (Romeine 1:16 NLV). Die woord ‘evangelie’ beteken goeie nuus. Eerlike sondaars voel reeds sleg oor hulle sondes en stryd; wat hulle nodig het is die krag om te verander. Hou hierdie drie beginsels voorop in jou gedagtes en gaan vang vandag siele van mense.
14 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min