Woord vir Vandag - 16 Nov 2024

Loading player...
“As julle My openlik erken voor die mense, sal Ek julle ook openlik erken voor my hemelse Vader.” Matteus 10:32 NLV

Oorkom jou vrees om jou geloof te deel

Om jou geloof op ‘n effektiewe wyse met ander mense te deel, moet jy die volgende drie struikelblokke oorkom: 1) Jy moet seker van jou eie verlossing wees. Johannes skryf: ‘Almal wat glo in die Seun van God, dra dié getuienis in hulle eie hart… En dit is die inhoud van sy getuienis: God het aan ons die ewige lewe gegee, en dié lewe bestaan in ‘n hegte verhouding met sy Seun… Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle met die wete kan leef dat julle nou reeds deel het aan die ewige lewe, julle wat aanhou glo in die persoon van die Seun van God’ (1 Johannes 5:10-11, 13 NLV). 2) Jy moet oor jou vrees vir verwerping kom. Dit beteken dat jy by die wortel van jou vrees, jou ego, moet uitkom. Eers wanneer jou selfbehoud en eiebelang gekruisig is, kan jy Christus sonder vrees bekend maak. Jesus het gesê: ‘Ek verseker julle, wie iemand ontvang wie Ek stuur, ontvang My…’ (Johannes 13:20 NLV). As iemand jou verwerp, mag jy dalk aansien verloor. As hulle egter vir Jesus verwerp, sal hulle hul siel verloor. 3) Jy moet wysheid gebruik om die evangelie te deel. ‘Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys’ (Spreuke 11:30 AFR53). God kan die hart van jou luisteraar voorberei sodat hulle oop is vir dit wat jy te sê het En Hy kan vir jou die regte woorde en die regte benadering gee om met hulle te praat. Jesus het gesê: ‘en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom wat die Vader in my Naam sal stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het’ (Johannes 14:26 NLV).
15 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min