Woord vir Vandag - 17 Nov 2024

Loading player...
“die volk wat in die donker sit, het ‘n helder lig gesien…”
Matteus 4:16 NLV

Jesus: die bron van lig (1)

Eerstens en die belangrikste, het Jesus die lig van verlossing vir die hele mensdom gebring. Een van die blywende voordele van sy koninkryk is egter sy impak op leer en opvoeding. Die woord universiteit het begin by diegene wat geglo het dat God die heelal geskep het; daarom moet sy weë bestudeer en geken word. Martin Luther het uit die Nuwe Testament die priesterskap van alle gelowiges uitgelig. In die proses het hy onderwys verander omdat hy gesê het dat elke persoon in staat moet wees om te lees en te skryf sodat hulle die Skrif self kan bestudeer. Dit het 'n doelwit van wêreldwye geletterdheid vir almal in 'n samelewing ingelui. In Amerika is die eerste wet wat vir universele onderwys gevra het, in 1647 in Massachusetts aangekondig. Dit is genoem, glo dit of nie, ‘The Old Deluder Satan Act.’ Die bewoording daarvan lui: ‘It being one chief product of that Old Deluder Satan, to keep men from the knowledge of the Scriptures… and to the end that learning may not be buried in the graves of our forefathers.’ Dis ‘n lieflike idee wat deur almal nagestreef moet word: dat onkunde die duiwel se gereedskap is en dat God die God van waarheid is. In nasie na nasie het Christensendelinge tale ontdek wat nie neergeskryf is nie. In dade van buitengewone opoffering het hulle hul lewens aan die taak gewy om hierdie tale neer te skryf. Hulle het die eerste woordeboeke saamgestel. Hulle het die eerste sinskonstruksie neergepen. Hulle het die eerste alfabette gevorm. Die eerste betekenisvolle eienaam wat in talle tale geskryf is, was die naam Jesus.
16 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min