Woord vir Vandag - 18 Nov 2024

Loading player...
“Ek het as lig na die wêreld toe gekom sodat elkeen wat in My glo, nie langer in die duisternis sou bly nie.” Johannes 12:46 NLV

Jesus: die bron van lig (2)

John Ortberg skryf: ‘In 1780 was daar ‘n Jesus-volgeling in Groot Brittanje, genaamd Robert Raikes, wat nie kon verdra dat die siklus van armoede en onkunde ‘n hele generasie van kinders vernietig het nie. Hy het gesê: ‘Die wêreld marsjeer vorentoe op die voete van kinders.’ Dus het hy kinders wat ses dae ‘n week in armoede moes werk, begin leer. Sondae was hul vrye dag. Hy het gesê: ‘Ek gaan ‘n skool wat hulle gratis leer lees, skryf en oor God leer, begin.’ Hy het dit gedoen en dit Sondagskool genoem. Binne vyftig jaar was daar 1,5 miljoen kinders wat deur 160,000 vrywillige onderwysers wat ‘n visie vir die opvoeding van ‘n generasie gehad het, onderrig is. Sondagskool was nie ‘n geprivatiseerde, opsionele program vir kerkkinders nie. Dit was een van die groot opvoedkundige oorwinnings in die wêreld. Die alfabet van die Slawiese mense word Cirillies genoem. Dit is genoem na Sint Cyril, ‘n sendeling wat ontdek het dat die Slawiese mense geen geskrewe alfabet het nie. Dus het hy een vir hulle geskep sodat hulle oor Jesus in hul eie taal kon lees. ‘n Metodistiese sendeling, Frank Laubach, het sowat ‘n eeu gelede ‘n buitengewone ontmoeting met God gehad, wat hom op ‘n missie gestuur het om die wêreld uit onkunde op te hef. Hy het ‘n wêreldwye geletterdheidsbeweging begin. Die leuse: ‘Each one teach one,’ het uit die buitengewone lewe van hierdie man gevloei. Hy het na meer as honderd lande gereis, wat die ontwikkeling van leesboeke in 313 tale tot gevolg gehad het. Hy het as ‘die apostel van die ongeletterdes,’ bekend geword.’
17 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min