Hoe Om Geestelike Oë te Open en Onderskeiding te Beoefen

Loading player...
In hierdie program gaan alles oor oë. Eers gesels ons oor geestelike oë. Wat vra dit van my en jou om in die geestelike te kan sien, te kan onderskei en hoe gemaak om te weet dat wat ek beleef Goddelike waarheid is? Begeer jy om jou geestelike oë te sien ontwikkel? Luister na hierdie gesprek met die gebed dat ons Vader jou aanraak en jou waarlik Self leer.

Maar dan is daar ook ons fisiese sig. Werk almal se sig sommer vanself altyd reg? Wat is disleksie? Al ooit gehoor van IRLIN? Besef jy wat dit aan 'n kind doen wat 'n leesprobleem het en niemand kom dit agter nie? Kom luister en leer!
14 Nov 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 12 Sept 2025

In die Sondagskool het ons die liedjie geleer met die woorde: “Lees jou Bybel , bid elke dag ...” Daardie opdrag geld steeds en word meer belangrik as ooit gesien die dinge wat in die wêreld om ons gebeur! Ekself is tans deel van ‘n groep mense wat die Bybel…
12 Sep 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper - 5 Sept 2025

Suid Afrika is net een van vele lande wat tans toenemend “geterg” word deur dinge in die samelewing wat net nie meer in ‘n sagte stroom wil beweeg nie. Dit is asof ons Almagtige Skepper God toenemend die mens se aandag soek asof om te vra – waar is jou…
5 Sep 1 hr 34 min

Delf Steeds Dieper 22 Aug 2025

Radio Kansel vier verjaardag!! Soveel jare op die lug en soveel kontakte, boodskappe, opdragte ... En alles is genade. Kom vier saam met ons dit wat ons Vader deur hierdie kanaal op die luggolwe van SA toegelaat het! DIE BOEKVOORLESING uit die boek wat Andrew Murray geskryf het, “In die…
22 Aug 1 hr 16 min

Delf Steeds Dieper - 15 Aug 2025

Vandag ‘n nuwe onderwerp en ‘n nuwe gas! Ds David Malan daar uit die Kaap, kom verduidelik vir ons intens belangrike dinge wat ons veral in die dae moet verstaan. Hierdie gesprek handel oor die dieper betekenis van die Boek Openbaring. Jy ook al daaroor gewonder? Kom luister en leer…
15 Aug 1 hr 24 min

Delf Steeds Dieper - 8 Aug 2025

Ons groep-gesprek oor die belangrike onderwerp van: “Hoe maak ek dissipels”, word nou gereduseer na ‘n twee-gesprek. Bennie Mostert sal in hierdie program die belangrike elemente van hierdie opdrag en hoe om dit waaragtig deur te voer, vir ons kom vaslê. Moet dit nie misloop nie. Onthou - ons Vader…
8 Aug 1 hr 24 min