Woord vir Vandag - 19 Nov 2024

Loading player...
“Want daar kom ‘n tyd wanneer mense nie meer na die regte onderrig sal luister nie…” 2 Timoteus 4:3 NLV

Die belangrikheid van gesonde leerstelling

Mense wat hulle graag met diamante wil optooi, gebruik gereeld die tydlose namaaksels van kubieke sirkonia. Deesdae kan wetenskaplikes egter regte diamante in ‘n laboratorium skep. Hierdie diamante is so goed dat edelsteenkundiges sukkel om tussen diamante wat in ‘n laboratorium geskep is en diamante wat gemyn is, te onderskei. Om hulle van mekaar te onderskei, word ‘n kontrolelys gebruik: gewig, kleur, helderheid en briljantheid word ondersoek. Daarsonder kan ‘n bedrieër voorgee dat ‘n diamant wat net twee dae oud is, een is wat duisende jare geneem het om te ontwikkel. Dieselfde is waar van geestelike waarheid. As Christene nie hulle Bybel ken nie, kan geestelike bedrieërs allerhande leuens as die waarheid voorhou. Dis nie genoeg vir iemand om wonderwerke in Jesus se Naam te doen nie. ‘Baie sal vir My op die oordeelsdag sê: ‘Here, Here, ons het dan in u Naam… baie wonders verrig!’ Dan sal Ek hulle antwoord: ‘Julle was nog nooit werklik mý mense nie. Gaan weg van My af!..’ (Matteus 7:22-23 NLV). Die Bybel sê dat selfs Satan hom as ‘n engel van die lig kan vermom. Paulus waarsku ons: ‘Want daar kom ‘n tyd wanneer mense nie meer na die regte onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg’ (2 Timoteus 4:3-4 NLV). Die Bybel gebruik die woord ‘leerstelling’ ongeveer vyf-en-vyftig keer. Dis hoe belangrik dit is. Ons moet die begeerte van ‘n diamantkenner hê – ‘n begeerte om nie mislei te word nie. As noukeurige ondersoek, studie en sorg geneem word om die kwaliteit van ‘n edelsteen te bepaal, hoeveel te meer moet dieselfde inspanning nie tot die kosbare Woord van God aangewend word nie?
18 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min