Woord vir Vandag - 20 Nov 2024

Loading player...
“Hoe dankbaar is ek teenoor Christus Jesus ons Here, wat my betroubaar geag en my selfs aangestel het om Hom te dien” 1 Timoteus 1:12 NLV

God kan jou gebruik

Een van die grootste sendelinge in die geskiedenis van die kerk was Mary Slessor, alhoewel sy as ‘n onwaarskynlike kandidaat begin het. As gevolg van haar pa se alkoholisme, het die elfjarige Mary twaalf uur skofte by die meule gewerk om haar familie te help om hulle rekeninge te betaal. Sy het ontdek dat sy boeke op haar weefstoel kon stut terwyl sy gewerk het. Terwyl sy oor die land Calabar (moderne Nigerië) gelees het, het Mary oortuig geraak dat sy daarheen as ‘n sendeling moet gaan. In 1876 het sy aanboord die S.S Ethiopia, wat ironies genoeg met vaatjies whisky gelaai was, na Wes-Afrika vertrek. Met die herinnering aan hoeveel skade alkohol aan haar familie aangerig het, het sy gesê: ‘Soveel vate whisky en net een sendeling.’ Maar wat ‘n sendeling! Mary was 'n kombinasie van prediker, kinderoppasser, verpleegster, dorpsonderwyseres en onderhandelaar wat stokalleen drie heidense streke deur die evangelie te verkondig, getransformeer het. Sy het stamoorloë voorkom en vroue en kinders by die honderde gered. Vir veertig jaar het sy vir God geswoeg. God hou daarvan om mense te gebruik wat die wêreld miskyk of weggooi. Mary Slessor was een van hulle. So ook Paulus. ‘…[Jesus] het my aangestel om Hom te dien, selfs al het ek voorheen met die Naam van Christus gespot. Ek het sy mense vervolg en hulle op enige moontlike manier benadeel. Maar God het sy onverdiende goedheid aan my bewys omdat ek dit uit onkunde en ongeloof gedoen het. O hoe barmhartig en genadig was die Here nie! Hy het my volledig vervul met geloof en die liefde van Christus Jesus’ (verse 12-14 NLV). Die God wat die apostel en Mary Slessor gebruik het kan jou ook gebruik – mits jy jou lewe aan Hom oorgee.
19 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min