Woord vir Vandag - 21 Nov 2024

Loading player...
“Die pad van die regverdiges… word al helderder…” Spreuke 4:18 NLV

Groei is ‘n pad wat mens stap

Wanneer dit by groei kom, kom jy nooit by jou ‘bestemming’ uit nie. Dis nie ‘n plek wat jy bereik nie; dis ‘n pad wat jy stap. ‘Die pad van die regverdiges is soos die lig met dagbreek. Dit word al helderder tot die volle dag aanbreek.’ ‘n Pastoor skryf: ‘Baie mense leer net deur probleme. Moeilike ervarings leer hulle lesse op die harde manier en hulle verander – soms tot voordeel, soms tot nadeel. Die lesse is willekeurig en moeilik. Dis baie beter om jou groei doelbewus te beplan. Jy besluit waar jy wil of wat jy nodig het om te groei, jy besluit wat jy wil leer en jy volhard met dissipline teen die pas wat jy gestel het. Dink wat dit is wat jy wil doen. Wie jy wil wees? Maak ‘n lys van dinge wat jou sal help om jou doelwit te bereik en daardie persoon te word. Is daar iets op daardie lys wat jy nou kan doen? Vandag? Doen dit dan. Of jy nou aangespoor voel of nie, dit is nou die tyd om te begin groei. As jy nie reeds doelbewus groei nie, moet jy vandag begin. As jy dit nie doen nie, kan jy dalk sekere doelwitte bereik wat jy kan vier, maar jy sal uiteindelik ‘n plato bereik. Wanneer jy egter doelbewus begin groei, kan jy aanhou groei en aanhou vra: ‘Wat is volgende?’ Wanneer jy aktief na jou doelwit begin werk, sal jy vind dat die deur na persoonlike groei ‘n skrefie begin oopgaan. Deur daardie skrefie sal jy orals nog geleenthede vir groei begin sien. Jou wêreld sal vir jou begin oopgaan. Jy sal meer bereik. Jy sal meer leer. Ander geleenthede sal hulself begin voordoen.’
20 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min