Woord vir Vandag - 22 Nov 2024

Loading player...
“U het my gesien voor ek gebore is… elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was.” Psalm 139:16 NLV

God het alles wat jy nodig het bedink

Lank voor God die aarde se fondasies gelê het, het Hy jou in gedagte gehad. Hy het aan alles wat jy moontlik kon nodig hê, gedink. Verstommend, is dit nie? ‘n Gerespekteerde skrywer merk op: ‘God het vir elke gebeurlikheid wat jy ooit mag teëkom, voor die begin van tyd reeds beplan. Dit is onmoontlik vir ons verstand om die soewereiniteit van God te begryp, maar laat ek dit in skaakterme verduidelik. In 1997 het 'n span IBM-ingenieurs Deep Blue, die rekenaar wat die skaakgrootmeester Garry Kasparov uitoorlê het, ontwerp en ontwikkel. Deep Blue was toegerus met twee-en-dertig verwerkingsenjins wat 200 miljoen skaakskuiwe per sekonde kon bereken. Ek sukkel met die vyftig-vyftig goed. Waar of vals. Links of reg. Sjokolade of vanielje. Ek kan my nie eers indink om 200 miljoen gebeurlikhede in ‘n sekonde te bereken nie. Dis lagwekkend in vergelyking met die Alwetende Een wat elke gebeurlikheid in ag geneem het voordat selfs ‘n nanosekonde van die horlosie van tyd afgetik het. Dink aan jou lewe as 'n skaakspel. Jy is die pion en God is die Groot Meester. Jy het geen idee wat jou volgende skuif moet wees nie, maar God het reeds die volgende 200 miljoen skuiwe beplan.’ God sê: ‘Ek maak die einde bekend vanaf die begin…’ (Jesaja 46:10 NLV). Sukkel jy om God se wil vir jou lewe te ontdek? Hier is die eenvoudige waarheid: God wil hê jy moet aankom waar Hy wil hê jy moet gaan, meer as wat jy wil aankom waar God wil hê jy moet gaan. As jy in pas met die Gees bly, sal God seker maak jy kom waar Hy wil hê jy moet gaan.
21 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min