Woord vir Vandag - 23 Nov 2024

Loading player...
“…so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes is hoër as julle gedagtes.” Jesaja 55:9 NLV

Jy het ‘n groter besef van God nodig

Jou interne beeld van God bepaal hoe jy alles anders sien. Die meerderheid van ons probleme is nie ‘n produk van omstandighede nie, maar as gevolg van ons uitkyk. Ons kan ons grootste probleme na ‘n onvoldoende begrip van wie God is, terugspoor. God sê: ‘Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is wat Ek doen, hoër as wat julle doen, en my gedagtes is hoër as julle gedagtes.’ ‘n Bekende skrywer lig ons in: ‘Sterrekundiges het sterrestelsels 12,3 biljoen ligjare van die aarde af bespied. Om daardie afstand in perspektief te plaas, oorweeg die feit dat lig wat teen 186 000 myl per sekonde beweeg, slegs agt minute neem om die 93 miljoen myl tussen die son en planeet aarde af te lê. Sonlig is net agt minute oud. Lig van die verste sterrestelsel neem egter 12,3 biljoen ligjare om hier te kom. Daardie afstand is feitlik onverstaanbaar. God sê dit is minder as die afstand tussen sy gedagtes en ons gedagtes. Jou beste gedagte oor God op jou beste dag skiet 12,3 biljoen ligjare tekort van hoe groot en hoe goed God werklik is. Miskien is dit tyd om op te hou om vierdimensionele perke op God te plaas. Miskien is dit tyd om op te hou om God in ‘n boks so groot soos jou serebrale korteks te plaas.’ Hoe meer ons groei, hoe groter moet God word. Hoe groter God word, hoe kleiner sal ons probleme word. Die gesangskrywer Oscar C. Eliason het geskryf: ‘Got any rivers you think are uncrossable? Got any mountains you can’t tunnel through? God specializes in things thought impossible. He can do just what none other can do.’
22 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min