Woord vir Vandag - 24 Nov 2024

Loading player...
“Nou, watter van hierdie drie sou jy sê, was ‘n naaste vir die man wat deur rowers aangeval is?..” Lukas 10:36 NLV

Watter tipe buurman is jy?

Jesus vertel die verhaal van die Joodse reisiger wat op die pad na Jerigo deur rowers oorval, aangerand en vir dood agtergelaat is. Twee Jode, beide in die bediening, het verby hom geloop sonder om hom te help. Toe het ‘n Samaritaan hom gered. Die Jode het geen groep mense meer as die Samaritane gehaat nie. Hulle is openlik in die sinagoge vervloek en is van tempelaanbidding verbied. Wat hierdie Samaritaan dus gedoen het was niks minder as wonderbaarlik nie. Hy het al sy persoonlike hulpbronne gebruik – sy persoonlike klere, olie, wyn, sy tyd, pakdier, geld en energie – om hierdie Joodse man na die beste van sy vermoë by te staan. Toe het hy sy lewe gewaag om die gewonde man na ‘n herberg in ‘n Joodse area te neem. Bo dit alles het hy die herbergier vir die man se kos en kamer vir verskeie dae betaal en beloof om terug te keer en vir enigiets meer wat die man skuld, te betaal. Dit was van kardinale belang omdat enigiemand wat nie hul rekening kon betaal nie, deur die herbergiers as ‘n slaaf verkoop kon word sodat hulle volle betaling vir die skuld kon ontvang. Jesus sluit die verhaal met hierdie woorde af: ‘Nou, watter van hierdie drie sou jy sê, was ‘n naaste vir die man wat deur rowers aangeval is?..’ Geen wet sal jou ooit ‘n goeie buurman laat wees nie, maar die liefde van Christus sal. A neighbour is not identified by color or creed; a neighbour is identified by the nearest need. Hier is dus ‘n gebed vir jou om te bid: ‘Here, gee my die moed om ’n naaste in nood te herken en te help.’ Dis ‘n gebed wat Hy sal beantwoord!
23 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min