Woord vir Vandag - 25 Nov 2024

Loading player...
“Ek is die Goeie Herder. ‘n Goeie herder offer sy lewe op vir die skape.” Johannes 10:11 NLV

Die waarde van een verlore skaap

Jesus het die gelykenis van ‘n skaapwagter wat ‘n honderd skape besit het, vertel. Toe een van hulle wegraak, het hy die ander nege-en-negentig skape in die kraal gelos en gesoek totdat hy die een verlore skaap gekry het. Toe het hy die skaap op sy skouers getel en was bly toe hy hom huis toe bring. Goeie skaapwagters gee nie net vir sommige of die meeste van die kudde om nie, maar vir die hele kudde. Dit word duidelik wanneer een skaap wegraak. Daar is ‘n verhaal van ‘n klein dogtertjie wat in die woud afgedwaal en weggeraak het. Toe dit donker word, het vrees haar hart vasgeklem. Sy het geskree en gehuil totdat sy, uitgeput, gaan lê en aan die slaap geraak het. Haar pa, sy stem hees soos hy aanhoudend haar naam geroep het, het al vir ure na haar gesoek voor hy haar gevind het. Hy het uitgeroep en hom na haar toe gehaas. Die dogtertjie het wakker geword, in sy arms gespring, hom omhels en gesê: ‘Pappa, ek is so bly ek het jou gevind!’ Dis ons verhaal. Ons vind egter nie vir Jesus nie, Hy vind ons. Hy vind ons, omdat Hy konstant op die uitkyk vir ons is. Jesus het sy gelykenis met die volgende woorde afgesluit: ‘Net so sal die hemel blyer wees oor een sondaar wat tot inkeer kom as oor 99 ander wat regverdig is en nie afgedwaal het nie!’ (Lukas 15:7 NLV). Elke keer wat ‘n verlore mens gevind word, juig die hemel. ‘Bedoel jy dat ek so baie vir die Here beteken?’ Ja. Net soos die skaapwagter nege-en-negentig skape agtergelaat het om die een te gaan soek wat weg was, is Jesus vir jou lief en het Hy gesterf om jou te red. Kom dus vandag na Hom toe.
24 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min