Woord vir Vandag - 26 Nov 2024

Loading player...
“Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Christus Jesus dit vir my verdien het.” Filippense 3:14 NLV

Steek die lyn oor (1)

In sy boek, Cross The Line, skryf Sam Parker die volgende: ‘Met alles is daar 'n lyn. Aan die een kant van die lyn is 'n groter kans om goeie dinge te laat gebeur (beter resultate, beter verhoudings, meer geleenthede). Dit is waar jy al daardie mense vind wat jy bewonder. Aan die ander kant van die lyn is daar minder kanse. Jy het ‘n keuse met elke lyn. Jy wil die lyn oorsteek of jy wil nie. Jy wil daardie beter kans hê om goeie dinge te laat gebeur of met minder kanse tevrede wees. Dis jou keuse. Daar sal ook tye wees wanneer dit oënskynlik sal lyk asof jy nie die lyn kan oorsteek nie - maak nie saak wat jy doen nie. Daardie oënskynlike struikelblokke sal jou egter soms later op 'n manier wat jy nie kon voorsien het nie, oor die lyn help. Dit sal as lesse dien, wat meer diepte aan jou ervaring gee - wat jou sterker maak en sal sorg dat jy beter voorbereid vir die groter en belangriker uitdagings wat jy in die toekoms in die gesig sal staar, is. Jy sal dit egter nie op daardie tydstip weet nie. Op daardie tydstip sal jy net daardie lyn sien. Dit sal dalk vir jou soos ‘n muur lyk, maar dis is net ‘n lyn wat jy moet oorsteek. Die lyn is joune om oor te steek, maar jy sal die besluit moet neem om dit te doen.’ Paulus het gekies om daardie lyn oor te steek: ‘Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Christus Jesus dit vir my verdien het.’ Dit verg totale toewyding. Dis egter die moeite werd!
25 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min