Woord vir Vandag - 27 Nov 2024

Loading player...
“…een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê.” Filippense 3:13 NLV

Steek die lyn oor (2)

Sam Parker skryf: ‘Wanneer jy besluit om die lyn wat mislukking van sukses skei oor te steek, sal jy ontdek dat nie almal jou keuse toejuig nie. Alles sal ook nie noodwendig seepglad verloop nie. Daar is mense wat besluit het om nie die risiko te neem om die lyn oor te steek nie en hulle sal verkies dat jy dit ook nie doen nie. Ongelukkig is daardie mense soms jou vriende. Miskien sal hulle ‘n bietjie twyfel of ‘n bietjie aanmoediging weerhou (of jou selfs aanmoedig om die verkeerde ding te doen). Miskien sal hulle 'n bietjie minder subtiel daaroor wees en jou direk daarvan probeer weerhou om die lyn oor te steek. Jy sal dalk kort-kort ook in jou eie pad staan - daardie innerlike stem wat vir jou probeer sê dat jy nie so spesiaal is nie en dat ander mense, nie jy nie, uitsonderlike dinge laat gebeur. Dan sal daar die werk wees - harde werk. Goeie dinge is selde maklik of goedkoop. Werklike inspanning en aandag is die grondbeginsels van sukses. Daar is geen kitsoplossings nie. Daar is geen silwer koeëls nie. Jy moet jou resultate verdien en jouself aanhou druk. Jy moet ook fokus. Dit beteken dat jy afleidings uitskakel en jou blootstelling aan negatiewe mense, gedagtes en dinge verminder. Tyd beweeg vinnig en jy kan dit nie terugkry nie. Sorg dus dat jy dit goed gebruik. Leer ook om weer op te staan. In elke fout is verhoogde kennis en begrip ingebou.’ Paulus stel dit so: ‘een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys…’ (verse 13-14 NLV).
26 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min