Woord vir Vandag - 28 Nov 2024

Loading player...
“…Laat U seën op my rus en vergroot my grond!..” 1 Kronieke 4:10 NLV

Raak ernstig oor persoonlike groei

Die verhaal van Jabes beslaan slegs twee verse in die Skrif, maar bevat ‘n lewensveranderende waarheid: ‘Jabes was meer geëerd as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was. Hy was die een wat tot die God van Israel gebid en gesê het: ‘Laat u seën op my rus en vergroot my grond! Wees asseblief met my in alles wat ek doen, en bewaar my van moeilikheid en pyn!’ En God het sy versoek gehoor en dit gedoen’ (verse 9-10 NLV). Hierdie gebed kan in die volgende woorde opgesom word: ‘Ek wil groei; ek wil weet; ek wil vorentoe beweeg!’ Die grootste gevaar waarin jy jouself kan bevind, is die idee dat jy persoonlike groei later ‘n prioriteit sal maak. Moenie in daardie groef val nie. Iemand het gesê: ‘Die enigste verskil tussen ‘n groef en ‘n graf is die diepte daarvan!’ As jy jou Godgegewe potensiaal wil bereik, moet jy meer doen as om net die lewe te ervaar en te hoop dat jy dit wat jy nodig het, langs die pad sal leer. Jy moet geleenthede vir groei aangryp asof jou toekoms daarvan afhang – want dit doen. Groei gebeur nie net nie; jy moet dit najaag. Jy sê: ‘Maar ek is bang ek misluk.’ Almal van ons het vrese. Die goeie nuus is egter dat almal van ons geloof het. ‘…Onthou dat julle geloof ’n geskenk uit God se hand is…’ (Romeine 12:3 DB). Die vraag wat jy jouself moet afvra is: ‘Watter een gaan ek toelaat om sterkter te wees, my vrese of my geloof?’ God het groot dinge vir jou in gedagte, staan dus in geloof op en begin om dit op te eis.
27 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min