Woord vir Vandag - 29 Nov 2024

Loading player...
“’n Mens wat wys is, sê verstandige dinge…” Spreuke 16:23 NLV

Dink reg en jy sal reg lewe

Die Bybel sê: ‘’n Mens wat wys is, sê verstandige dinge. Hy kan ander mense onderrig. Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir sy lewe’ (verse 23-24 NLV). Jou gedagtes en jou woorde is intiem met mekaar verbind. Daarom is dit belangrik om aangename gedagtes te dink, sodat jy aangename woorde kan spreek. Jou gedagtes is stil woorde wat nie net jy en die Here hoor nie, maar wanneer dit geverbaliseer word, dit jou emosionele, geestelike en fisiese welstand beïnvloed. Salomo sê: ‘…Mooi woorde… is goed vir die gees en bevorderlik vir sy lewe.’ Jou gedagtes is stil woorde wat jou innerlike wese, jou gesondheid, jou vreugde en jou houding affekteer. Die dinge waaraan ons dikwels dink, kom by ons monde uit en laat ons soms dwaas lyk. As ons egter op God se manier leef, kan ons woorde en gedagtes ons lewens en die lewens van ander mense aangenamer maak. Moenie die fout maak om te dink dat jy jou gedagtelewe in enige wêreldse rigting wat dit wil, kan laat loop en dit dan kan teenwerk deur godvrugtige woorde te spreek nie. Óf albei is aangenaam, óf albei is negatief en sondig. Daar is geen middeweg nie. Paulus skryf: ‘Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees’ (Filippense 2:5 NLV). Die Skrif is jou toegang tot ‘n nuwe leefwêreld. Soos jy tyd bestee om Jesus toe te laat om jou denke aan te pas, sal jy nie daaraan hoef te dink om aangename woorde, wyse woorde of genesende woorde te spreek nie. Dit sal van nature begin gebeur.
28 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min