Woord vir Vandag - 30 Nov 2024

Loading player...
“’n Mens se sondige geaardheid wil dinge doen wat teen die Gees is…” Galasiërs 5:17 NLV

Maak ‘n gesaghebbende besluit of uitspraak

As jy ernstig daaroor is om God se wil te vervul, moet jy vasberadenheid hê. Een definisie van vasberadenheid is om 'n dispuut deur ‘n gesaghebbende besluit of uitspraak te besleg. Kom ons pas dit op een van ons grootste probleme toe – die daaglikse stryd tussen ons vlees en ons gees. ‘’n Mens se sondige geaardheid wil dinge doen wat teen die Gees is, en die Gees wil dinge doen wat teen jou sondige geaardheid is…’ (vers 17 NLV). Onthou, die definisie van vasberadenheid vervat die idee om 'n dispuut te besleg. Dit is belangrik, want as jy jou gaan verbind om te doen wat God wil hê jy moet doen, sal jy die nimmereindigende geskil tussen jou vlees en jou gees moet besleg. Hoe doen mens dit? Deur ‘n gesaghebbende besluit of uitspraak te maak. Jou vlees sal altyd saam met die stroom gaan of die status quo wil behou, tensy jou wedergebore gees nee sê. Josua is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Uit vrees dat God se volk in die leefstyl van die omliggende nasies vasgevang sou raak, het hy vir hulle gesê: ‘As julle nie die Here wil aanbid nie, moet julle vandag vir julleself besluit wie julle dan wil aanbid. Is dit die gode wat julle voorouers anderkant die Eufraat gedien het, of is dit die gode van die Amoriete in wie se land julle nou woon? Ek en my huisgesin sal die Here aanbid’ (Josua 24:15 NLV). Omdat Josua ‘n gesaghebbende besluit en ‘n uitspraak gemaak het, sê die Bybel: ‘Die volk sê toe vir Josua: ‘Ons sal net die Here ons God aanbid. Ons sal net na Hom luister’’ (vers 24 NLV). Vraag: In watter area van jou lewe moet jy vandag ‘n gesaghebbende besluit of uitspraak maak?
29 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min