Woord vir Vandag - 1 Des 2024

Loading player...
“…Terwyl hulle soontoe op pad was, het hulle gesond geword.” Lukas 17:14 NLV

Redding beteken nie altyd onmiddellike verlossing nie

Lukas skryf: ‘Toe Hy ‘n sekere dorpie binnegegaan het, het tien melaatse mans Hom teëgekom… Hulle het hard na Hom geroep: ‘Jesus, Here, kry ons tog jammer!’ Toe Hy hulle sien, sê Hy aan hulle: ‘Gaan wys julleself aan die priesters.’ Terwyl hulle soontoe op pad was, het hulle gesond geword’ (verse 12-14 NLV). Wanneer iemand in daardie dae van melaatsheid genees is, moes ‘n priester hulle eers rein verklaar voordat hulle weer by die samelewing kon aansluit. Die Bybel sê nie vir ons hoe ver weg die priesters was, hoe lank hulle reis was en of hulle genesing aan die begin, middel of einde van hulle reis plaasgevind het nie. Daar is ‘n belangrike les vir diegene wat met verslawing sukkel, hieruit te leer. Dis wonderlik wanneer God ons onmiddellik verlos. Baie mense het egter dieselfde ervaring as hierdie tien melaatse mans. Soms moet jy jou verlossing tree vir tree inloop deur God te vertrou tot dit volkome is. Dis dan wanneer ons as volgelinge van Christus medelye moet hê, geduld aan die dag moet lê en by hulle moet staan totdat hulle gesond gemaak is. Mense wat byvoorbeeld aan pornografie verslaaf is, sukkel met ‘n verslawing wat beide moreel en geestelik is. Dieselfde emosionele bindingshormone wat na seks vrygestel word, word vrygestel wanneer jy pornografie kyk. Dit maak dit 'n kragtige verslawing. Een man wat sy verslawing oorkom het, vertel: ‘Dit was 'n kwessie van om my gedagtes met die Woord te vernuwe, sowel as om werklike dissipline en verantwoording teenoor iemand wat my probleem verstaan, te hê. Ek moes mense kry wat ek kon vertrou; mense wat my nie sou verneder of oor my skinder nie, mense wat standvastige en liefdevolle vriendskap sou bied.’ God gee nie op op mense wat seer het nie en ons moet ook nie.
30 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min