Woord vir Vandag - 2 Des 2024

Loading player...
“…Toe bou Abram daar ‘n altaar vir die Here...” Genesis 12:7 NLV

Bou ‘n altaar

Die eerste ding wat Noag na die vloed gedoen het, was om ‘n altaar vir die Here te bou. Dink daaroor. Noag het ‘n altaar gehad voor hy ‘n huis gehad het. Die meeste van ons het huise, maar die outydse familiealtaar het feitlik verdwyn. Oral waar Abraham gegaan het, het hy ‘n altaar gebou. Hoekom? 1) ‘n Altaar is ‘n plek van gebed. Die Bybel sê: ‘Dis die plek waar Abram destyds die altaar gebou het. Hier het hy weer die Here aanbid’ (Genesis 13:4 NLV). 2) ‘n Altaar is ‘n plek van opoffering. ‘Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, bou hy ‘n altaar en sit die hout daarop neer. Hy maak Isak vas en sit hom bo-op die hout op die altaar’ (Genesis 22:9 NLV). Wou God gehad het dat Abraham vir Isak moes doodmaak? Nee, God wou net weet: ‘Is daar enigiets wat Ek van jou kan vra wat jy nie bereid sal wees om te gee nie, of enigiets op aarde wat jy meer liefhet as vir My?’ God sal jou nie vra vir dit wat jy nie het nie, maar Hy sal jou dikwels vra vir iets wat jy graag wil behou. Opoffering oorwin die gees van hebsug, die vrees vir gebrek en jou fokus op ‘n selfgesentreerde lewe. 3) ‘n Altaar is ‘n plek van aanbidding. ‘Maak ook ‘n klein altaar van akasiahout om wierook daarop te brand’ (Eksodus 30:1 NLV). Die wierook wat smelt en die rook wat opstyg verteenwoording aanbidding aan God. Aanbidding is ‘n daad van intimiteit; dis om jou hart, jou liefde, jou lof en dank aan God te gee. Die Bybel beskryf dit as ‘…’n lieflike reukoffer…’ (Efesiërs 5:2 NLV). Bou dus vandag ‘n altaar.
1 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min