Woord vir Vandag - 4 Des 2024

Loading player...
“…Hier is Elisa, die seun van Safat, wat water op die hande van Elia gegiet het.” 2 Konings 3:11 AFR53

Nederigheid is die pad na eer

Elisa het begin om Elia te dien en het hom daarna in sekere opsigte oortref. In die Bybelse tyd het dienaars die hande en voete van hulle meesters gewas. Elisa het dit gedoen. Hy het met die nederige taak om water op Elia se hande te gooi begin en het uiteindelik Elia se mantel ontvang en dit gebruik om die waters van die Jordaanrivier bonatuurlik te verdeel. Toe Elia hemel toe gegaan het, het Elisa 'n dubbele deel van sy gees ontvang en uiteindelik twee keer soveel wonderwerke as Elia gedoen. Daar is ‘n belangrike les hieruit te leer. As jy die bediening van die Here aan die toppunt van die leer wil betree, sal jy misluk. Hoekom? Omdat die enigste bevordering wat saak maak van die Here af kom (sien Psalm 75:6-7). Omdat hy geweet het dat sy tyd op aarde beperk was, het Paulus 'n opvolgplan vir sy bediening ingestel. As jy wys is, sal jy dieselfde doen. Paulus het die volgende aan Timoteus, sy aangewese opvolger, geskryf: ‘Die Here se diensknegte moenie twis nie, maar moet goedgesind teenoor almal wees…’ (2 Timoteus 2:24 NLV). Wanneer jy met ander probeer meeding of omstandighede tot jou voordeel probeer uitbuit om bo uit te kom, moet jy nie verbaas wees as God jou pad versper nie. Toe Petrus in die bediening begin het, was hy soos 'n resiesperd wat nie ingebreek was nie: hoogs gespanne, impulsief en ambisieus. Later het hy egter geskryf: ‘…Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan, want: ‘God is téén dié wat te veel van hulleself dink, maar dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan hulle gee Hy sy onverdiende goedheid.’ Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak’ (1 Petrus 5:5-6 NLV).
3 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min